advertisement
Question
Posted by: GHJ | 2012/01/17

Maag

Goeie dag dr

Ek was in die week van die 20ste Des siek met ''n maag virus. Nie enige loop maag nie, meer kopseer, naarheid en was liggaamlik moeg. Het vreeslik gesweet ook. Dit het so ''n 4dae aangehou.

Daarna was ek in Mosselbaai, en het die 28ste Des na die skoonfamilie in die Kaap gegaan. Die aand van die 27ste het ek ''n platter for one by Ocean Basket geë et. Die oggend van die 28ste het ek ''n vreeslike pyn op die krop van my maag gekry. Dit het lank aangehou en eers nadat ek 2 Myprodols en Spasmeds gedrink het, was die pyn weg. Maar daai aand het dit terug gekom. Dit was flippen erg. Ek het letterlik gehuil van die pyn. Die oggend van die 29ste was ek na die dorp se dr wat gesê  het dis galblaas ontsteking.

Eks reguit Kaap toe na my huis dr toe, wat gesê  het dis ''n tipe gastro en het vir my Histak voorgeskryf. Die 1ste pil het gehelp, die 2de ene nie. Uit frustrasie en pyn het my vriendin een van haar maagseer pille vir my gegee, en ek het dit ook gedrink. Waarna die pyn verdoof het en ek kon slaap. Ek het die volgende dag weer die Histak gedrink soos voorgeskryf, 2 per dag, en die pyn is weg.

Teen die 1ste Januarie het ek maag werkings gekry, veral nadat ek klaar geë et het. Baie waterig. Dit het weggegaanmet die gebruik van Probiflora.

Nou het ek weer ''n loop maag. Waterig, veral nadat ek klaar geë et het.

My vraag dus, wat makeer my? EK kry oor die afgemeen gou ''n gastro maag, maar dis nou 3 keer in ''n maand. Iewers moet daar fout wees. Ek gebruik nie maag stop middels op die oomblik nie, want hulle sê  mos die kiem moet uit werk. Kan dokter dalk vir my ''n indikasie gee waarvoor ek my moet laat toets?

(Eks ''n oorgewig, 25jarige dame)

Geagte, GHJ

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog vir 'n gastroskopie en kolonoskopie konsulteer. Dit is moontlik dat jy inflammasie van die maagwand het, as gevolg van 'n infeksie of oormatige suur produksie. Die spesialis kan vinnig vas stel wat die oorsaak is met hierdie spesiale ondersoeke. Jy kan jou huisdokter vir 'n voorskrif vir Omeprazole kapsules om jou simptome te verlig.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement