advertisement
Question
Posted by: Anon | 2008/10/06

Lukosiete in urine

Ek is 20 weke swanger. Toe ek verlede week by die gynae was het hulle lukosiete in my urine opgetel maar ek was gese om my nie daaroor te bekommer nie
Wat is dit presies en wat is die oorsaak daarvan? Wat kan gebeur as dit nie opklaar nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Anon
Leukosiete in die uriene is 'n teken van infeksie en is inderdaad iets om jou oor te bekommer - dit is sleg vir jou en die baba as jy 'n erge urieneweg infeksie het. Mens kry makliker urienweginfeksie as jy swanger is omdat die urienbuise effens uitgeset word. Bel jou GP en laat hy weer kyk, as dit nog daar is en dit is erg moet jy antibiotika kry as hulle 'n kiem in die urine kweek. As dit gering is kan mens kyk of jy dit kan opklaar deur baie water te drink en 'n antiseptikum soos cranberry sap.
sien http://www.americanpregnancy.org/pregnancycomplications/utiduringpreg.html
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement