advertisement
Question
Posted by: Vroutjie | 2009/02/05

LP299V

Beste Dr.

Ek wil asseblief raad he oor die volgende: My liggaam oorproduseer suur (volgens gastroskopie uitslae) die dokters het altyd vir my Altosec en Librax voorgeskryf waarna ek oorgeskakel het LP299V toe na ' n dieetkundige voorgestel het dit sal effektief wees.

Ek drink dit nou al vir ongeveer 2 jaar. Ek het die afgelope week gladnie gedrink nie omdat ek nog nie kans gekry het om apteek toe te gaan nie.

My vraag is kan ek dit los - kan ek probeer of sal my maagpyn terugkeer en my maag weer opblaas? Ek wil weet of die gebruik daarvan vir ' n lagn tydperk my liggaam sal lui maak om nie later die suurvlakke self te reguleer nie of sal ek maar vir altyd dit moet drink?

Sekere kosse ens vererger die situasie bv brood en ander gis produkte en dus vermy ek dit oor die algemeen maar ek sal graag wil ophou om enige medikasie ook te gebruik.

Byvoorbaat dankie vir die hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Vroutjie
Die LP299V is 'n probiotika - iets wat die goeie bakteriee in die derm aanhelp. As jy van 'n nature 'n tekort daarvan het, sal jy dalk opblaas as jy dit ophou gebruik. Maar dit behoort nie jou suur vlakke negatief te beinvloed nie.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement