advertisement
Question
Posted by: Karen | 2012-01-25

LP

Hi Dr. My man het n LP gehad oor hulle gedink het hy het breinvliesontsteking. Dit was toe darem negatief. Dit was vreeslik seer vir hom en die area is nie verdoof voor die tyd nie. Hulle was veronderstel om n rukkie voor die tyd deur sy drip vir hom iets te gee vir die pyn, maar dis gedoen toe die dr al besig was om te begin met die LP. Volgens die dr sou dit hom ook gemaak slaap het vir n paar uur. Hy het glad nie geslaap van die medikasie nie. Alhoewel hy gewoonlik baie sensitief is vir medikasie en vinnig sal slaap net van n ou pilletjie.
Nou ek weet daar''''s niks wat ons nou kan doen omtrent die feit dat hy die pynlike prosedure gehad het nie, waar dit dalk minder pynlik kon wees as hy verdoof was. Ek wil net die regte feite agter mekaar kry sodat as enige een van ons dalk weer vir so iets moet gaan dat mens weet waarop jy kan aandring en wat nie.
1) Wat is die beste keuse van dr om dit te doen?
2) Is die area veronderstel om verdoof te word en hoelank voor die tyd?
3) Is dit dieselfde as n epiduraal, met die verskil van iets word uit getrek waar met n epiduraal iets ingespuit word?
4) As dit dieselfde is, hoekom is n LP dan so seer in vergelyking met n epiduraal? Het nog nie iemand gehoor se n epiduraal is so vreeslik seer nie, hoekom kla almal oor n LP.
5) Is daar dalk enige iets anders waarvan mens ingelig moet wees?
Dankie baie vir u hulp...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Karen,
1) Die beste keuse is iemand met ervaring - ‘n Neuroloog is miskien die beste keuse
2) Die area word nie verdoof nie
3) Dit is die selfde as ‘n epidural
4) Epiduraal is ne seer weens die plaaslike verdowingsmiddel wat ingespuit is.
Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Headache Expert | 2012-01-26

Beste Karen,
1) Die beste keuse is iemand met ervaring - ‘n Neuroloog is miskien die beste keuse
2) Die area word nie verdoof nie
3) Dit is die selfde as ‘n epidural
4) Epiduraal is ne seer weens die plaaslike verdowingsmiddel wat ingespuit is.
Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).

Reply to Headache Expert

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement