advertisement
Question
Posted by: Karen | 2012/01/22

LP

Hi Dr. Dankie vir u antwoord op my vorige vraag. My man het n LP gehad oor hulle gedink het hy het breinvliesontsteking. Dit was toe darem negatief. Dit was vreeslik seer vir hom en die area is nie verdoof 10 min voor die tyd soos u gese het nie. Hulle was veronderstel om n rukkie voor die tyd deur sy drip vir hom iets te gee vir die pyn, maar dis gedoen toe die dr al besig was om te begin met die LP. Volgens die dr sou dit hom ook gemaak slaap het vir n paar uur. Hy het glad nie geslaap van die medikasie nie. Alhoewel hy gewoonlik baie sensitief is vir medikasie en vinnig sal slaap net van n ou pilletjie.
Nou ek weet daar''s niks wat ons nou kan doen omtrent die feit dat hy die pynlike prosedure gehad het nie, waar dit dalk minder pynlik kon wees as hy verdoof was. Ek wil net die regte feite agter mekaar kry sodat as enige een van ons dalk weer vir so iets moet gaan dat mens weet waarop jy kan aandring en wat nie.
1) So volgens u is daar nie n '''' beste'''' keuse van dr nie enige dr kan dit basies doen?
2) Die area is veronderstel om 10 minute voor die tyd verdoof te word met n klein inspuiting?
3) Is daar dalk enige iets anders waarvan mens ingelig moet wees?
Dankie baie vir u hulp...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Karen

Verwys na die volgende webtuiste vir meer inligting oor hierdie prosedure: http://en.wikipedia.org/wiki/Lumbar_puncture

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement