advertisement
Question
Posted by: Bella | 2009/12/03

LOW GI BOOK

Wat dink jy van die boeke " Eet vir volgehoue energie"  deur Liesbet Delport. Ek het nou begin oefen (5 keer n week draf vir 30min.) en vriendin het gese ek moet meer koolhidrate inneem aangesien ek nie eintlik brood of pasta en rys eet nie. Ek wil nie gewig optel as ek nou volgens hierdie boek die kossoorte gaan inneem nie, maar wil nie my liggaam skade aandoen om nie die noodsaaklike voedingstowwe in te neem wat ek nou mag nodig kry aangesien ek begin oefen het nie. Ek wil ook nie gewig verloor nie, wil net fiks word sonder om op te tel. Ek eet reeds elke oggend oats vir ontbyt.
Ek het gedink om van die bogenoemde boek se resepte te maak aangesien dit vir mens energie sal gee veral met die oefening.

Enige raad sal waardeer word. Dankie en God seen.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Bella
Ek dink dat "Eet vir volgehoue energie' deur Liesbet Delport 'n uitstekende boek is aangesien dit 'n goed gebalanseerde inleiding tot die gebruik van kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) is. As jy spesifiek jou energie-inname wil verhoog, dan is koolhidrate die beste bron van energie vir oefening. En koolhidrate op hul eie het 'n lae energie-inhoud van 16 kJ per gram (vergeleke met vet wat 37 kJ per gram bevat - 'n aansienlike verskil!). Die meeste atlete eet groot hoeveelhede brood, pasta en rys om te verseker dat hulle genoeg energie inneem om hul strawwe oefenprogram te kan volg. Ek weet nie hoekom jy nie brood, pasta of rys eet nie, maar al hierdie kosse kan geëet word sonder dat dit jou vet maak. Dit is die souse en smere wat ons op hierdie koolhidrate sit wat jou laat gewig optel. Gebruik gerus die boek as leidraad vir jou dieet - jy sal sien hoeveel meer energie jy het.
Lekker oefen
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2009/12/03

Beste Bella
Ek dink dat "Eet vir volgehoue energie' deur Liesbet Delport 'n uitstekende boek is aangesien dit 'n goed gebalanseerde inleiding tot die gebruik van kosse met 'n lae glisemiese indeks (GI) is. As jy spesifiek jou energie-inname wil verhoog, dan is koolhidrate die beste bron van energie vir oefening. En koolhidrate op hul eie het 'n lae energie-inhoud van 16 kJ per gram (vergeleke met vet wat 37 kJ per gram bevat - 'n aansienlike verskil!). Die meeste atlete eet groot hoeveelhede brood, pasta en rys om te verseker dat hulle genoeg energie inneem om hul strawwe oefenprogram te kan volg. Ek weet nie hoekom jy nie brood, pasta of rys eet nie, maar al hierdie kosse kan geëet word sonder dat dit jou vet maak. Dit is die souse en smere wat ons op hierdie koolhidrate sit wat jou laat gewig optel. Gebruik gerus die boek as leidraad vir jou dieet - jy sal sien hoeveel meer energie jy het.
Lekker oefen
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement