advertisement
Question
Posted by: Sandra | 2009/07/22

Losing weight

Vir 3weke eet ek minder (gesonder) en oefen 2keer meer per week (dus 5keer in totaal) Ekt nog net 500gram verloor - doen ek iets verkeerd?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sandra
Daar is baie redes hoekom persone nie gewig verloor nie. Dis moontlik dat jou energie-inname nog te hoog is of dat jy tans spierweefsel opbou pleks van vet, en spiere weeg meer as vetweefsel. Ander moontlikhede is dat jy alreeds binne die normale reikwydte van gewig is en dat dit dus moeiliker gaan wees om addisionele gewig te verloor. Aangesien jy nie jou lengte in meter en huidige gewig in kg noem nie, kan ek nie uitwerk of jy wel al naby jou ideale gewig is, al dan nie. Ander faktore sluit hormoonwanbalanse in (tiroïed, insulien en vroulike hormone). Ek kan net voorstel dat jy jou kosinname vergelyk met die verslankingsdieet op hierdie Webwerf (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' and 'Slimming Diet'), om te sien of jy nie dalk te veel energie inneem nie. Gebruik die dieet saam met jou oefening (konsentreer op aërobiese oefeninge soos draf, fietsry, swem, touspring) en as jy nog steeds nie na 3 weke gewig verloor het nie, dan moet jy miskien jou dokter vra om bogenoemde hormone te toets.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Sandra | 2009/07/23

Liewe doc,

Jammer dat ek so vaag was. Ja, ek is 41jaar oud my lengte is 1.68, en weeg 59.5kg op die stadium. My spyskaart lyk soos bo en ek oefen as volg: Ek doen spinning (45min) 2x per week, draf 5km 2x per week en doen ' n weight training klas (45min) 1x per week. Kan jy my asb weer antwoord hierop?

Reply to Sandra
Posted by: Rina | 2009/07/22

Miskien moet jy net vir die volgende week alles wat jy eet neerskryf en kalorieë  tel. Health24 het ' n oulike counter. ' n Gewone vrou kan ' n 5000-6000kj dieet volg en gewig verloor. So, dit kan wees, dat alhoewel dit klink of jy gesond eet, jy dalk te veel eet en hierdie kalorieë  oorskry en daarom baie min verloor. Ek het hierdie resep gebruik en baie gewig verloor. Ek het later begin 30min-60min oefeninge elke dag doen en dit het ook gehelp. Dis my raad. Die kalorieë  tel manier het my laat besef wat ek verkeerd eet, te veel van eet, te hoë  energie inhoud het en ek kon dit utsny.

Sterkte!

Reply to Rina
Posted by: Sandra | 2009/07/22

My spyskaart vir die dag lyk so:
Ontbyt:
Yoghurt OF oats
Snack:
Appel
Middagete:
3 x provitas met marmite en gekookte eier
Aandete:
vleis/vis/hoender en groente

Reply to Sandra

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement