advertisement
Question
Posted by: nana | 2012/08/30

longontsteking na operasie

My man, 76 jaar oud, het 2 dae gelede n baie groot rugoperasie ondergaan.
Gister, maar redelik onder beheer.er was hy in goeie bui, bietjie pyn, maar heel draaglik.
Vandag herken hy my glad nie, is deurmekaar, koorsig, hy gooi swart vloeistof op, alhoewel hy nog niks mag eet nie> 
Nou se die internis dit is longontsteking. Hoekom sou hy nou skielik longontsteking opdoen, en hoe ernstig sou dit wees by n persoon van sy ouderdom?
Baie dankie vir die advies.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Nana

Longontsteking is 'n komplikasie van groot sjirurgiese prosedure in 'n ouer pasient. Hospitaal verworwe pneumonie kan baie ernstig wees en moet aggressief deur 'n spesialis behandel word. Die hoe koors kan die oorsaak wees vir sy verwardheid.

Sterkte


Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Sunshine | 2012/08/31

Hallo daar.

Ek het ook ''n tyd terug ''n rugoperasie gehad - ek is 42 jaar oud. Weens die lang tyd in die teater het ek ook longontsteking in the ICU opgetel. Dis bloot omdat ''n mens nie ontslae raak van slym wat tydens die narkose in jou longe opbou nie. Ek''s nie ''n dokter nie, maar ek weet dat ek na die operasie gereeld deur ''n fisioterapeut gesien is wat my in ''n bottel met ''n strooitjie laat blaas het om van die gas en narkose in my longe ontslae te raak.

Ek het ook opgegooi, maar dit was meer van die slym. Ek het morfien vir die pyn gekry - en dit het my laat hallusineer en ook gemaak dat ek mense skaars kon herken.

''n Rugoperaise is een van die grootse operasies - en dis baie pynvol. Ek hoop jou man kom gou reg - hou moed.

Groete.

Reply to Sunshine

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement