advertisement
Question
Posted by: Jackie | 2009-02-13

Longontsteking

Hi Dok
Ek het verlede jaar Mei maand kwaai longontsteking gehad wat weke geneem het om op te klaar. Ek het skielik en baie siek geword. Twee weke gelede het ek weer ' n bors verkoue opgedoen, wat aanhoudende gehoes veroorsaak het. Ek het oor die algemeen nie te sleg gevoel nie en het aanhou werk. Maar die afgelope paar daë  is my bors vreeslik styf as ek hoes, en ek hoes niks uit nie alhoewel daar ' n diep geroggel, en gegorr en my bors is. Van eergister af kan jy dit duidelik met die hand voel, maar nie altyd so duidelik hoor nie. Gister het ons gala hier by die skool gehad (ek gee skool) en ek was heeldag buite. Ek hoes nou nie meer rerig nie, maar as ek hoes is dit seer in albei my blaaie agter en onder my borste, diafragma sal ek maar sê . Ek het antibiotika gebruik verlede week en gebruik tans niks. Dis moeilik om te verduidelik, ek kan nie my vinger daarop lê  nie, maar dis ' n onwel gevoel wat laasnag begin het en erger word. Moet ek dit ignoreer want ek hoes nie rerig meer nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jackie

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Ek stel voor dat jy so gou as moontlik jou dokter besoek, sodat daar x-strale van jou bors geneem kan word.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement