advertisement
Question
Posted by: Sandra | 2012/10/12

Longkanker

My ma is gediagnoseer met longkanker wat volgens die dokter versprei het. Die kanker druk blykbaar ''n aar wat bloed vervoer van die kop af na die hart en dan verder. Sy wil nie vir behandeling gaan nie. Ek voel so magteloos om haar te help. Sy is vreeslik van onder haar ribbekas boontoe geswel, niks van daar af ondertoe nie. Sy is naar, eet min as gevolg daarvan en kortasem. Party dae gaan dit beter ander dae glad nie. Sy drink naarpille maar eers na die 3de een eet sy effe, sy verloor redlik gewig. Sy is ''n staatpasient en het gevra of daar nie net hulp is vir haar asemnood nie. Die benoudheid sukkel sy mee. Sy is ook 3 tot 6 maande gegee, hoe akkuraat is dit? Wat kan ek doen om haar te help met haar asemnood. Sy is 76.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sandra

Longkanker het ongelukkig 'n baie slegte prognose. Indien 'n dokter 3 tot 6 maande voorspel, is dit gegrond op 'n gemiddelde oorlewing van pasiente wat aan dieselfde tipe longkanker lei. Ek stel voor dat jy 'n hospice konsulteer vir advies en paliatiewe behandeling. Vra die longspesialis vir die moontlikheid van behandeling met suurstof om haar asemnood te verlig.

Sterkte

Groete





Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement