advertisement
Question
Posted by: Lianda | 2011/04/11

liver/dis-ease

Hallo

Ek hoop dis reg as ek Afrikaans skryf? Dis my 1ste taal. 22 Jaar terug het ek Hepatittis B opgedoen. Dit was ongelukkig in `n massa inenting en 4 kinders in ons skool het dit gekry agv besmette naalde. Ek het nog nooit dwelms gebruik en drink of rook nie eers.
Die dokters het daardie tyd `n dieet + essentiale tab voorgeskryf,w at ek 5 jaar gevolg het en baie, baie goed gevoel het.
Nou - hierdie jaar voel ek dat dit moontlik my lewer is wat my siek laat voel. Ek wil net weet of dit dalk so klink?
Ek kry vreeslik maklik blou kolle op my onderbene - my slaappatroon het verander. Ek staan nou op, waar ek altyd dwardeur geslaap het. Ek het `n fyn uitslag op my rug, wat baie jik en aanhoudend jik.
My hele buik swel op na ete of as ek baie vloeistof drink.
Onderkant my regter ribbes, voel ek knoppe wat nie voorheen daar was nie.
My eetlus is meer as gewoonlik, maar ek is naar sodra ek klaar ge-eet het.
Sover drink ek Wormwood+Liquirice root+ dandelion tee, wat ek aanmaak van 80% vars produkte. Dit help effens, maar as ek ophou swel die knoppe erg.
Kan dit my lewer wees wat dalk skade begin opdoen van die Hep B van jare terug?

Groete Lianda

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lianda
Dit is heeltemal moontlik en baie maklik om te toets. Jou dokter kan 'n lewerfunksie toets doen asook na jou koagulasie faktore (vir die bloukolle) kyk en na jou bloedselletjies. As nodig kan hy ook 'n lewersonar aanvra as die lewer vir hom knopperig voel met ondersoek.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/04/11

Hallo Lianda
Dit is heeltemal moontlik en baie maklik om te toets. Jou dokter kan 'n lewerfunksie toets doen asook na jou koagulasie faktore (vir die bloukolle) kyk en na jou bloedselletjies. As nodig kan hy ook 'n lewersonar aanvra as die lewer vir hom knopperig voel met ondersoek.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement