advertisement
Question
Posted by: Dinah | 2011/12/20

linker ventrikulê re hipertrofie

Goeie more.

Kan dr asb vir my verduidelik wat linker vertrikulê re hipertrofie in maklike afrikaans beteken? Volgens die MUCA toetse sê  dit ook van die linker ventrikulê re uitwerpfraksie 70% is. Is dit goed of sleg? Ek moet in Januarie 6 maande, 3weekliks chemo ondergaan sal hulle dit vir my gee met die bogenoemde bekend.

Baie dankie, sien uit om spoedig van u te hoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Hello Dinah

Ek is jammer om to hoor jy sal moet chemoterapie ondergaan. Ek neem aan dit is hoekom jou dokters die MUGA toets vir jou gereel het.

Linker ventrikulere hipertrofie verwys na die dikte van die hartspier op die linker kant van die hart. ‘n Verdikte hartspier ontwikkel gewoonlik as gevolg van hoe bloeddruk. ‘n Uitwerkfraksie van 70% is heeltemaal normaal en beteken die hart spier se saamtrekvermoe goed is. (Normale syfer is enigiets tussen 50 en 75%).

Jou hart se toestand klink goed en jou dokters sal baie beslis vir jou die nodige terapie kan gee. Ek hoop dit gaan goed vorentoe.

Vriendelike groete
JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Maggie | 2015/10/27

My seun is met 'n gaatjie in die hart gebore en daar is toetse op hom gedoen toe hy so 5 maande oud is. Hulle het ook gese hy het 'n verdikte hartspier en mag nooit kontaksport doen nie. Is dit waar????

Reply to Maggie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement