advertisement
Question
Posted by: Bianca | 2011/05/17

Limfkliere

Goeie More

My ma het so 2 jaar gelede ''n melanoom onder haar voet laat uitsny. Volgens die dokter wat haar ge-opereer het, was dit ''n sukses, en het sy nie nodig gehad om vir bestraling te gaan nie.

Nou, 2 jaar later, is die been waar die meloanoom was vreeslik geswel, en seer.

Sonder om toetse te doen, of Scan''s, het x2 GP''S en die vel spesialis vir haar gese die kanker het versprei, en daar is niks wat hulle vir haar kan dooen nie.

My ma het intussen vir ''n scan gegaan, en daar was geen teken van kanker nie. Vir my was dit natuurlik te goed om waar te wees, en het ek die Patoloeë  ge -|- ak om te hoor vir watter toetse sy moet gaan.

Ek het aan hulle verduidelik die tipe kanker wat sy wel gehad het, en dat die Dokters dink dit het versprei. Hulle het gese ek moet haar bring vir ''n CEA Bloedtoets, wat ek gedoen het. Die bloedtoetse het gewys dis negatief.

By die plek waar sy egter die Scan gedoen het, het hulle vir haar gese haar limfkliere is verstop, en dit is hoekom die been geswel is. Die plek gee ook egter behandeling, masjiene lyk vir my soos ''n sonbed.....ek weet ook nie so lekker van dit nie, glo goed vir alles, van bloedsomloop ens.

Ek wil net weet kan die limfkliere die swelling veroorsaak? Hulle het ook met die Scan opgetel dat daar iets fout is met die hart. Is daar enige medikasie wat sy kan gebruik vir die limfkliere om die been se swelling te laat sak?

My ma is al langer as ''n maand op die behandeling, en die swelling het glad nie gesak nie. Jou advies sal opreg waardeer word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bianca

Limfadenitis/inflammasie van die limfkliere kan beslis die swelling van haar been veroorsaak. Ek stel voor dat jou moeder 'n internis konsulteer vir deeglike ondersoeke en 'n tweede opinie. Dit is baie belangrik dat die "hartkwaal" behandel moet word. Toestande wat die hart affekteer, moet gediagnoseer word en spesifiek behandel word. Daarom kan ek nie enige medikasie voorstel nie.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement