advertisement
Question
Posted by: Sunshine | 2011-02-21

Limfklier infeksie

Hallo CyberDoc

Ek hoop dit gaan goed met jou!

Ek het vir jou ''n " challenging"  vraag - en ek soek ''n " challenging"  oplossing...

Sowat ''n jaar terug het my regterarm vir geen rede begin swel nie. ''n Paar dae in die hospitaal waarin scans en allerhande toetse gedoen is, is ek ontslaan met geen antwoorde nie. Dit was nie ''n bloedklont nie, niks druk vas of is los nie... hehehehe. En so gaan dit aan... my arm swel asl vir ''n jaar aan en af.

Sowat 6 maande terug het ek ''n ongemaklikheid in my regterbors begin voel, dadelik ''n self ondersoek gedoen, maar niks gekry nie. Die limfkliere onder my regterarm het begin swel - soms so groot soos ''n golfbal, ander kere minder. Dit het nie soseer gepla nie, maar oi, dit was elke keer VREK seer. Met die tyd het die seer klier ''n permanent 24/7 seer geword wat my uiteindelik laas week genoodsaak het om advies te gaan soek.

''n Mammogram en sonar later - en al wat hulle kon kry was ''n limfklier onder my regterarm wat 20mm x 20mm groot is met moontlike infeksie. Ek is ''n asma lyer en is amper permanent op antibiotika - en was juis die week voor dit op antibiotika vir ''n verkoue wat gedreig het om brongitus te word. Die radioloog by die mammogram was glad nie bekommerd oor die limfklier nie, en my huisdokter ook nie. ''n Pakkie antibiotika later en ek was oppad.

Maar ok... hier is die " challenging"  deel: hoe gebeur dit dat ''n limfklier vir 6 maande (!!) lank infeksie het - en dit al die baie antibiotika kan uitstaan en nie beter word nie? My huisdokter noem dit ''n " reakstiewe klier"  wat bedoel iewers in my lyf is daar iets wat hierdie klier se gat krap en nou reageer hy... maar " hang on"  - vir 6 maande al??

Na my pakkie antibiotika sit ek vandag nogsteeds met ''n seer arm en ''n limfklier wat klop van pyn. ''n Paar pynpille later en dinge " voel"  beter. Maar so kan dit nie aangaan nie. Hoe nou gemaak?

Hoop jy kan help.

Groete
Sunshine

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sunshine
Dit klink vir my of jy limfedeem van die arm het (sien http://www.lymphoedema.org.au/lymphoed.html)
Ek sou tog 'n tweede opinie by 'n sjirurg kry oor die limfklier - my "gut feeling" is dat hulle dalk die klier moet uitsny (biopsie) en stuur na die patoloë toe vir ondersoek. Dalk is daar 'n parasiet infeksie of iets wat die kliere daar verstop. Laat weet my?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Louise | 2014-12-10

Hi dok Ek het 'n klier wat in my regterkant van my keel swel vanaf 2006 en is elkekeer behandel met antibiotika, hy het weg gegaan maar dan na 'n jaar of wat terug gekom. Nou sit ek weer met hom vanaf maart 2014 en is so groot soos 'n tennis bal en ongelooflik seer. Ek was by dokters maar geen medikasie wil werk nie. Die antibiotika van die pyn 'n bietjie weg maar hy gaan nie meer weg nie. Ek het gegaan vir sonaars ens. Wat kan ek doen om die ding weg te kry sonder om te opereer.

Reply to Louise
Posted by: Tanya | 2011-03-03

Goeie dag.

My seun van 10 het ''n knop in sy wang, dit is seer en hy se sy nek is ook seer. die tandarts dink dit is dalk ''n vetklier of limfklier. hy speel rugby ( is dit gevaarlik vir hom om aan te hou speel) ons kan eers die Spesialis oor ''n paar dae sien.

Reply to Tanya
Posted by: Cyberdoc | 2011-02-21

Hallo Sunshine
Dit klink vir my of jy limfedeem van die arm het (sien http://www.lymphoedema.org.au/lymphoed.html)
Ek sou tog 'n tweede opinie by 'n sjirurg kry oor die limfklier - my "gut feeling" is dat hulle dalk die klier moet uitsny (biopsie) en stuur na die patoloë toe vir ondersoek. Dalk is daar 'n parasiet infeksie of iets wat die kliere daar verstop. Laat weet my?
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement