advertisement
Question
Posted by: Sanet Bezuidenhout | 2009/10/16

Lighoofdig en dronk in my kop

Vir die afgelope paar dae is ek pal dronk in my kop. As ek buk val ek om en dit voel of ek tydelik vlou word. Selfs in my slaap. Wanneer ek omdraai word ek wakker van hierdie vreeslike dronk, draaiende gevoel in my kop. Ek het toevallig roetine bloedtoetse ens gehad verlede week en alles is normaal.

My bloeddruk vanoggend was 127 op 86 en drie ure later 133 op 82 voordat ek my bloeddruk pil gedrink het. Ek het nie ' n verkoue of seer ore nie so ek kan nie dink dat dit my ore kan wees nie en ek voel verder goed, behalwe vir hierdie permanente dronk gevoel.

Ons woon in Sannieshof en ons naaste dokter is 50 km en naaste hospitaal 100 km. Help asseblief!

Dankie Sanet Bezuidenhout

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sanet

Dit klink vir my asof jou simptome toegeskryf kan word aan hypotensie (lae bloeddruk). Dit word veral ondervind wanneer posisie verander word van byvoorbeeld 'n liggende na 'n staande posisie. Vra jou dokter vir 'n 24 uur bloeddruk monitor toets, om sodoende te bepaal wat jou bloeddruk oor 'n periode van 24 uur doen. Miskien moet jou bloeddruk pille aangepas word.

Groete





Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement