advertisement
Question
Posted by: Lala | 2010-04-22

Lighoofdig

Hi Dr Bets

Ek sukkel omtrent al 2 weke met lighoofdigheid. Het aanvanklik gedink dit is Vertigo want ek was uit op diepsee vir paar ure. Het by my GP pille gekry -Sandoz Cinnazirine wat binne 2 dae sou help. Dit is al meer as week terug en ek is nog lighoofdig. Ek sukkel meer as maand met nek spasma. Was gister weer vir fisio en hulle het naalde ingesit en ek gaan more weer.Ek voel by tye nog snaaks in my kop. Kan die nek spasma die oorsaak wees of moet ek maar teruggaan na my GP. Ek het onlangs my bloeddruk pil verander van Adco Atenolol na Sandoz Atenolol maar ek glo nie dit kan die oorsaak wees. Ek wil ook nie onnodig dr toe hardloop maar is nou al moeg vir hierdie gevoel.

Dankie byvoorbaat vir die raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lala
Vertigo gee vir 'n mens 'n "aarde draai" gevoel veral as jy vinnig jou kop na die kant toe draai en dis baie keer gepaard met naarheid ( so karsiek gevoel). Lighoofdigheid, soos in "dit voel of jy wil flou word" kan wees agv te lae of te hoë bloeddruk, hart ritme stoornisse, nekspierspasma of outonome senuwee probleme (floutes met hoes of lag of druk). Laat jou bloeddruk toets by die apteek, en vra die suster om jou pols ritme te voel. Laat jou dokter maar kyk as dit nie beter word nie.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cyberdoc | 2010-04-22

Hallo Lala
Vertigo gee vir 'n mens 'n "aarde draai" gevoel veral as jy vinnig jou kop na die kant toe draai en dis baie keer gepaard met naarheid ( so karsiek gevoel). Lighoofdigheid, soos in "dit voel of jy wil flou word" kan wees agv te lae of te hoë bloeddruk, hart ritme stoornisse, nekspierspasma of outonome senuwee probleme (floutes met hoes of lag of druk). Laat jou bloeddruk toets by die apteek, en vra die suster om jou pols ritme te voel. Laat jou dokter maar kyk as dit nie beter word nie.
dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement