advertisement
Question
Posted by: Anna | 2010/12/12

Liggaamsvet

Vriendin het vet laat meet by een of ander ou by gim en haar vetpersentasie is glo 14 - ander enetjie is glo 22 - lyk maer maar wil ook nog maerder - ou het aanbeveel dat hulle met gewigte moet oefen - lyk my dis craze op die oomblik - altwee sukkel om verwagtend te raak - is die meting van persentasie vet anders as die BMI ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Anna
Daar is 'n hele aantal maniere om te bepaal of iemand oorgewig is, al dan nie. Die berekening van die BMI is een manier wat nogal handig is as mens nie die persoon voor oë het en metings kan doen nie. Die meting van liggaamsvet% is 'n ander manier om te kyk na 'n persoon se algemene liggaamsbou. Die 2 voorbeelde wat jy noem, is nogal interessant, want Prof Tim Noakes, die sportdeskundige in sy boek 'Lore of Running' noem dat normale vrouens wat nie oorgewig is nie, 'n gemiddelde liggaamsvet% van 24% het, terwyl elite sportvrouens gemiddeld 'n liggaamsvet% van 10,0% het. Dus is albei die dames wat jy aanhaal se liggaamsvet% normaal en daar is geen rede dat hulle nou moet meer liggaamsvet verloor nie, veral as hulle swanger wil raak. 'n Gesonde liggaamsvet% van 24% by vrouens is noodsaaklik tydens swangerskap om die ontwikkelende baba te beskerm. Daarbenewens affekteer oormatige gewigsverlies en oefening ook ovulasie. Baie van die top vroue atlete menstrueer glad nie. Dus as die 2 dames wil swanger raak, sal ek hulle aanbeveel om liewer net matig te oefen en te ontspan.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/12/13

Beste Anna
Daar is 'n hele aantal maniere om te bepaal of iemand oorgewig is, al dan nie. Die berekening van die BMI is een manier wat nogal handig is as mens nie die persoon voor oë het en metings kan doen nie. Die meting van liggaamsvet% is 'n ander manier om te kyk na 'n persoon se algemene liggaamsbou. Die 2 voorbeelde wat jy noem, is nogal interessant, want Prof Tim Noakes, die sportdeskundige in sy boek 'Lore of Running' noem dat normale vrouens wat nie oorgewig is nie, 'n gemiddelde liggaamsvet% van 24% het, terwyl elite sportvrouens gemiddeld 'n liggaamsvet% van 10,0% het. Dus is albei die dames wat jy aanhaal se liggaamsvet% normaal en daar is geen rede dat hulle nou moet meer liggaamsvet verloor nie, veral as hulle swanger wil raak. 'n Gesonde liggaamsvet% van 24% by vrouens is noodsaaklik tydens swangerskap om die ontwikkelende baba te beskerm. Daarbenewens affekteer oormatige gewigsverlies en oefening ook ovulasie. Baie van die top vroue atlete menstrueer glad nie. Dus as die 2 dames wil swanger raak, sal ek hulle aanbeveel om liewer net matig te oefen en te ontspan.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.