advertisement
Question
Posted by: Ria | 2012/10/07

Liggaamsbou v regte dieë t

Hi Doc,

Ek het so amper ''n ''customizedfatloss'' program van Kyle Leon gekoop.... Sekerlik moet daar websites wees wat ''n mens kan help om die regte kosse vir ''n mens se liggaambou te eet sonder om daarvoor te betaal....? Hoe belangrik is die konsep van ''regte liggaamsbou vir die regte dieë t''? Alles begin later so ''confusing'' word, want daar''s die regte dieë t vir jou bloedgroep, die regte dieë t vir jou liggaamsbou en wat nog alles..... Wie moet ''n mens op die einde van die dag glo....? Hoop jy kan help Doc.....:)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ria
Ja dit is nogal verwarrend - al hierdie diete - daar word ten minste 1-2 per week geloods plus natuurlik al die spesiale dieetpille. Nou wil ek jou vra of jy al ooit 'n TV program soos 'Survivor' gekyk het? Wat het met 99% van die deelnemers gebeur tydens die 4 weke op die 'Survivor' eiland of waar ook al hulle gewoon het? Hulle het almal gewig verloor. Hoekom? Omdat hulle hul energie-inname (kJ ingeneem) drasties verminder het en hulle hul energie-uitgawe (kJ opgebruik) drasties verhoog het - en siedaar die kgs het afgeval. Geen spesiale diëte om by enigeen se bloedgroep of haarkleur of liggaamsbou of beenlengte of oogkleur of enigiets te pas nie! Minder kJ geëet en meer kJ gebrand. Dit is jou antwoord en dit behoort jou niks te kos nie. Probeer 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om die kJ te verminder en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om meer kJ te verbrand.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/10/08

Beste Ria
Ja dit is nogal verwarrend - al hierdie diete - daar word ten minste 1-2 per week geloods plus natuurlik al die spesiale dieetpille. Nou wil ek jou vra of jy al ooit 'n TV program soos 'Survivor' gekyk het? Wat het met 99% van die deelnemers gebeur tydens die 4 weke op die 'Survivor' eiland of waar ook al hulle gewoon het? Hulle het almal gewig verloor. Hoekom? Omdat hulle hul energie-inname (kJ ingeneem) drasties verminder het en hulle hul energie-uitgawe (kJ opgebruik) drasties verhoog het - en siedaar die kgs het afgeval. Geen spesiale diëte om by enigeen se bloedgroep of haarkleur of liggaamsbou of beenlengte of oogkleur of enigiets te pas nie! Minder kJ geëet en meer kJ gebrand. Dit is jou antwoord en dit behoort jou niks te kos nie. Probeer 'n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') om die kJ te verminder en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen om meer kJ te verbrand.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.