advertisement
Question
Posted by: Desperaat en raadop | 2011/05/12

liggaam hou vog terug

Hi Doc
Ek is nou al redelik desperaat,my liggaam hou vog terug maar ek swel net in my bene en maag,so iets het nog nooit met my gebeur nie,soms swel my bene so dat ek 3kg swaarder weeg,ek was by my huisdokter hy het my skildklier getoets maar gese daar is niks fout nie,het vir my n waterpil gegee om te drink soos nodig maar die afgelope 3mnde drink ek dit elke dag en swel tog nogsteeds en wanneer ek dit skip of vergeet daarvan dan swel ek baie so dat my broeke styf sit. ek wil baie graag weet wat fout is het al gehoor dit is my hormone ek is nou 33jaar oud,moet ek my weer laat toets?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ek stel voor dat jy 'n internis vir 'n deeglike ondersoek, sowel as 'n nierfunksie toets, 'n bloeddruk toets en hartfunksie toets konsulteer, aangesien die vogretensie ondersoek moet word. Die daaglikse gebruik van waterpille behoort jou simptome te verlig het en dit is daarom baie belangrik om enige oorsake van die water retensie te ondersoek.

Groete



Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Samantha | 2015/05/22

Hi Dokter Ek is n staatspasient. Ek is op n waterpil van 2008 af, 12,5mg. Dit het nog al die jare vir my gewerk en skielik van van sondag af werk dit nie meer vir my nie. Ek is toe Dinsdag hospitaal toe en hul het my op n sterker waterpil gesit van 60mg. En glo my die pil laat my hardloop maar my voete is nog nie heeltemal na notmaal toe nie en dit is al Vrydag. Dit was Dinsdag van my voete af dis wa dit eerste begin tot bo my kniee, ergste is dit brand soos kool vuur, veral as ek loop, en as ek sit en voete lig dan klop dit. Ek kan nie verstaan dat dit nie wil sak nie. ek is op bloeddrukpil en hartpil. Dink u een van dit is die oorsaak daarvan. Dit bekommer my dat dit sal opstoot na my hart toe.

Reply to Samantha

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement