advertisement
Question
Posted by: Sarel | 2008/11/06

Liesbreuk, regterkant

In April 2008 het ek gegaan vir ' n liesbreuk operasie. Na operasie het ek 2 maande uitgesit, nie sport gedoen nie, soos aanbeveel deur die dokter.

Ek het toe weer muurbal begin speel, egalig en rustig begin, en later meer intens begin speel soos voor die operasie. Dit het weer seer geword in die lies, soos voor die operasie, gevoelig, seer as mens buk, opstaan, ens. Omtrent ' n maand gelede.

Die dokter het voorgestel ek sit uit vir ' n maand, en dit sal weer regkom.

Vraag: Kan ' n liesbreuk weer opgedoen word? Maw kan dit weer ' skeur' ? Het ek dalk te vinnig weer te intens geoefen (muurbal is seker ' n redelike intense oefening)? Sal dit weer regkom soos dokter aanbeveel deur net dit tyd te gee? Die sny self was plat en mooi egalig gewees, aan die onderkant van die sny het dit nou ' n knop gemaak, dit is nie seer or baie gevoelig nie, kan dit dalk die oorsaak wees?

Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sarel
Jy het lank genoeg gewag na die operasie voor jy begin oefen het. Liesbreuke kan ongelukkig herhaal al is die operasie reg gedoen en al doen jy nie oormatige oefening nie. Het jou sjirurg na die knop gekyk?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/05/08

Dr Bets sjirurg klink vir my soos n chinese dromspeler chirurg is die afrikaans. Robert Pretorius

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/04/13

Hi ek sit met n liesbreuk in my regterkant word vrydag gedoen as ek sit baie en bestuur kan ek amper ni loop ni en dit is daar bloeding net effens wat kan dit wees asb danki baie

Reply to Anonymous
Posted by: Desmond | 2013/04/06

hi ekt n mantelvlies en lies breuk en bly goor voel en moeg bly ek kan die lies breuk skadelik wees of nie bedoel lewes gevaarlik?

Reply to Desmond
Posted by: Robberts | 2009/01/28

Wat is die engelse vertaling vir Liesbreuk?

Reply to Robberts
Posted by: Sarel | 2008/11/06

Weet iemand van ' n goeie uroloog in Bloem wat ek kan -|- ak vir ' n 2de opinie?

Reply to Sarel
Posted by: j | 2008/11/06

Kort en saaklik. Ja, dit kan weer skeur.

Reply to j

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement