advertisement
Question
Posted by: Koppie Raas | 2009/04/20

Liefde en MID LIFE CRYSIS

Ek het iemand se hulp nodig.

Ek is 29 en het die afgelope week `n meisie ontmoed wat werklik oulik is en my probleem ... Ek weet nie wat ek voel nie.

Dit is my eerste verhouding in 15 jaar. My vorige verhouding was nog in my skool dae met `n meisie wat in my oe perfek was in alle opsigte. Nog altyd daarna het ek almal met haar vergelyk en NIEMAND kon die beeld wen nie.

Ons het mekaar later jare weer ontmoed en ek weet dat die beeld wat ek het onwaar is en daai aangetrokkenheid is nie meer daar nie. Ek is nog steeds op haar op verlief soos sy op 15 was. Selfs ek weet dis ongesond.(Snaaks dat die ouderdom die tyd is wanneer seks nie betrokke is of was nie, weet nie of dit dalk die probleem is nie.)

My probleem nou is dat ek nie weet wat om te doen nie. Ek is seker dat daar op die swakste n baie goeie vriendskap uit hierdie verhouding sal kom maar ek is geweldig angstig. Ek is `n baie aleen tipe mens en ek sit met vreeslike gevoelens. Ek hou van haar maar ek wil nie heeldag sms bel en gesels nie wat my laat voel ek is vieslik met haar.

My kop hardloop absoluut in sirkels.

Ek hou van haar maar ek is nie dadelik tot by my ore verlief soos die flieks wil voorgee dit hoort te wees nie. Ek voel om die waarheid te se geweldig skuldig dat ek nie dadelik soos `n tiener " love sick"  is nie.

Ek sit met daai ek wil alleen wees maar ook nie gevoel. Hoe kan mens beide aleen en nie alleen nie wil wees. Ek is `n depressie leier van my skool dae af en is op 60 mg cymbalta vir 3 jaar al wat vir my goed werk.

Maar die laaste tyd het die Midlife crises tipe van goed begin gebeur. Die feite dat vriende en familie begin trou en families begin le swaar op my oor ek alleen is. Nou laat ek iemand ontmoed het wat ek van hou, verlaat my kop my weer. So erg dat ek my sexualiteit bevraag teken(Ek is nog `n maagd). Soos ek se ek weet nie waar om my self te begin probeer reg ruk nie.

Is ek net simpel, dalk senuagtig oor dit so `n nuwe ding is vir my.
Wat?

Sal dit baat om `n sielkundige te sien?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Counselling should indeed help. Sounds like you may have unrealistically idealistic ideas about what a woman sould or would be, which would make it harder for you to have an enjoyabl relatonship with a real woman.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Liza | 2009/04/21

Gaan sien ' n sielkundige. Hy/Sy sal jou kan help om jou gevoelens beter te kan verstaan. Dit is baie moeilik om met ' n verhouding te begin as jy so lank terug laas in ' n verhouding was. En ' love-at-first-sight'  is gewoonlik net in die flieks. Dis baie raar in die regte lewe. ' Lust-at-first-sight'  is natuurlik iets heeltemal anders en gebeur baie meer gereeld. Dis ' n fisiese reaksie oor iemand, waar ware liefde ' n emosionele band met iemand is en langer neem om te vorm.

Sterkte
Liza

Reply to Liza

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement