advertisement
Question
Posted by: Adriaan Strauss | 2010/04/08

Lice

Goeie dag Dr,

Ek dink ek het wat genoem word " crabs" . Ek het navorsing gedoen en hoofsaaklik twee bronne van die oordrag van die crabs gekry - tydens seksuele omgang en oordrag tussen gemeenskaplike items soos handdoeke ens. Eerstens het ek vir hoe lank al geen seks gehad nie en niemand in my huisgesin sal dit optel nie, dis net my ouers. Ek bly wel in ''n koshuis op universiteit - kan dit dalk die oorsaak van die oordrag wees? Ek deel slegs toilette en storte, geen handdoeke of so nie.

Hoe kan ek dit behandel? Kan ek al die hare afskeer? Het ek meer hulp nodig - dis ''n groot vernedering. Kan dit erger raak of ander siektes veroorsaak?

Kan dit versprei na byvoorbeeld my kop of iewers anders?

Dankie vir al die terugvoer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Adriaan

Dit is heel moontlik dat jy dit in die koshuis opset opgetel het. Dit kan nie versprei na jou kop of enige ander area nie. Die beste behandeling is om al die hare in die pubis area af te skeer. Vra jou apteker vir 'n spesifieke shampoo om te gebruik.

Jy sal ook al jou klere en beddegoed in warm water, verkieslik bo 65 grade celsius moet was.

Verwys na die volgende webtuiste vir meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Crab_louse

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Adriaan Strauss | 2010/04/09

Baie dankie dokter.

Reply to Adriaan Strauss

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement