advertisement
Question
Posted by: Ina | 2009/09/07

Lewerprobleem

Beste dokter,
Baie dankie vir die antwoord re my gamma gt-lesing!

Ek sal graag wil weet of daar n medikasie is wat gebruik kan word in my geval met die insulienweerstandigheid. Ek lees op die net van Manna (n natuurlike produk) wat blykbaar daarvoor sal help. Sal dokter so iets voorstel, of nie. EK is ook bekommerd omdat ek lees dat dit die voorloper van tipe 2 diabetes is. Iets moet seker moontlik wees om dit te kan voorkom? Ek het wel hoe cholestrol wat tans onder beheer is met lipitor. Ek is oorgewig, en gaan n dieetkundige sien, Ek het hoe bloeddruk, maar dis ook met medikasie onder beheer.
Dan laastens, is daar n natuurlike produk vir water retensie. My voete swel erg van die naweek af, en ek was n paar jaar gelede in die hospitaal nadat my hartritme op loop gegaan het na die gerbuik van moduretic.

Baie dankie vir cyberdeoc se waardevolle hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ina
Jy kan manna probeer, maar probeer soos 'n diabeet eet ( hoë vesel, lae GI, baie groente, 3 vrugte per dag, min verfynde suiker en as jy dit eet, net na 'n behoorlike gebalanseerde maaltyd) Oefening elke dag en reg eet kan insulien weerstandigheid omkeer. Daar is natuurlike (homeopatiese middels) vir water retensie - kyk by Bioforce of A Vogel produkte.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement