advertisement
Question
Posted by: Sanet | 2012/04/17

Leukemie

Dr,

Ek sien nie ''n afdeling vir onkologie nie, daarom gaan ek maar vir jou die vraag vra. My beste vriendin is 45, en is nou gediagnoseer met leukemie (CLL). ''n Vriendin het nou vir my die raad gegee om aspersies fyn te druk en elke dag 4 eetlepels daarvan te eet. (klink jiggie)

Sy vertel van iemand, ook met CLL wie se telling met 50% afgekom het. Kan dit waar wees dat aspersies kanker kan genees of is dit net ''n bygeloof?

Ek wil nie vir my vriendin vals hoop gee nie, maar as daar enige iets is wat kan help of self kanker kan genees sal dit mos wonderlik wees! Wat maak CLL anders as ander kanker? Ek sal graag meer daaroor wil weet.

Baie dankie vir Dr se tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sanet

Ongelukkig sal aspersies nie leukemie genees nie. Verwys na die volgende artikel vir meer inligting oor hierdie toestand en die behandeling daarvan: http://en.wikipedia.org/wiki/Chronic_lymphocytic_leukemia

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement