advertisement
Question
Posted by: Katie Heine | 2010-04-07

Leptin

Dokter

Daar was vanoggend n program op Rsg praatsaam oor " Leptin"  en sy funksie in gewig verlies, instandhouding en die vermoee van Leptin om die vel te krimp, terwyl gewig verloor word. Dit is n baie streng dieet, blykbaar 500 kaloriee n dag. Daarmee saam word blykbaar aanvullings geneem. dit is baie duur, 2500.00 rand n maand. Dit word Slender Wonder genoem. Sal u dit aanbeveel? weet u of dit regtig werk?
My kleindogter is 24 en oorgewig. Haar lengte is 1.78 en sy weeg 87 kg. .Sy het nou klaar afstudeer. Sy het gedurende haar studie gewig aangesit en ek het gedink dit is as gevolg van spanning. Sy sukkel baie om die gewig af te skud. Sy gym straf vir een uur elke dag. Eet gemiddeld 1000kl n dag., maar verloor nie n ons nie. Sy is vandag in trane. Ek het gewonder of bogenoemde dalk vir haar sal werk . Ons dr het haar op die voorbehoedpil " Femodene"  gesit, want hy reken dat haar hormone heeltemal deurmekaar is( alhoewel geen toetse gedoen is om dit te bevestig nie).
U opinie sal hoog waardeer word.
Groete
Katie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Katie
Leptien is inderdaad een van die hormone wat voedselinname beheer en 'n gebrek aan leptien kan tot gewigstoename lei. Ek dink egter dat jou kleindogter liewer eers moet gaan vir 'n volledige hormoonondersoek by 'n Endokrinoloog (vra die huisarts om haar te verwys) aangesien sy moontlik aan Polisistiese Ovariale Sindroom (PCOS) en insulienweerstandigheid (IW) ly. Indien die toetse aandui dat sy wel hierdie probleme het, sal die Endokrinoloog raad gee oor medikasie. Sy kan gerus vir die spesialis vra oor leptien. Indien sy wel aan PCOS of IW lei, dan moet jou kleindogter asb 'n kliniese dieetkundige spreek om haar te help met 'n lae glisemiese indeks (GI) dieet. Haar huidige BMI = 27,4 wat bokant die normale boonste waarde is. Om weer in die normale reikwydte te val, behoort sy 11 kg te verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal help om gewig te verloor en haar insulienvlakke te normaliseer. Die feit dat jou kleindogter elke dag oefen is uitstekend wat dit help ook om wisselvallige insulien- en glukosevlakke te stabiliseer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

10
Our users say:
Posted by: Sonja | 2010-05-12

Slender Wonder .............fantastiese program...........ek nou 6 kg verloor in my eerste week.............voel fantasties............nie honger nie.............en baie energie................

Reply to Sonja
Posted by: alta | 2010-04-22

Hi,
ek sukkel net so met die gewig en is dankbaar om nou hierdie info te kry. ek was by ''n Endokinoloog en tog kon hy niks met my verkeerd kry nie. dus ek is raadop oor die gewig. ek is in Blouberg, kaap en wonder of iemand vir my kan laatweet watter dr hier my kan help met die inspuitings ens?
dankie

Reply to alta
Posted by: katie | 2010-04-19

Dokter
Baie dankie, jammer ek sien nou eers u skrywe..
Ek het ook daar ingekom, maar het eintlik gehoop dat iemand my n meer persoonlike verwysing na n dr sou gee wat werklik erns het met die program. Ons het wel n dr wat inspuitings gee in ons dorp, mar ek weet nie hoe goed hy is darmee nie. Ek was jare gelede by dr F. Hy het mos begin met die inspuitings en hy was altyd baie simpatiek en behulpsaam, want dit is n streng dieet en in die begin het mens baie ondersteuning nodig. Ek sal haar maar wel na hom nee, maar ek neem haar eers na n Endokrinoloog volgende maand.
Nogmaals dankie
Katie

Reply to katie
Posted by: Anton | 2010-04-13

Hi Katie

Dis maklik om by die dokters uit te kom. Besoek net die webwerf wat begin met www dan slenderwonder en dan die gewone co en za (jammer, mens mag nie webadresse gee nie!). Ek het maklik reggekom. Dit is dr Jan Botha.

Reply to Anton
Posted by: A\ | 2010-04-13

Reply to A\
Posted by: Katie Heine | 2010-04-09

Baie dankie, dit gee baie hoop om te hoor dat jy soveel verloor het. Ek hoor daar is ander dokters wat ook insputings gee. Weet nie of dit Leptien is nie, ek glo ook nie dat hulle die Slender Wonder program doen nie. Ek sou graag met die dr wat die program op RSG gedoen het, wou praat, maar weet nie hoe om hom in die hande te kry nie.
Kan iemand dalk help met die naam van n dr wat goed is met die program? Ons bly in die suide, maar sal wel buite ons area te gaan.

Baie dankie vir die inligting.

Katie Heine.

Reply to Katie Heine

Posted by: rix | 2010-04-09

Hi daar,

Ek is self insulien weerstandig en lys aan PCOS so dit maak dit ongelooflik moeilik om enigsins gewig te verloor. Ek het ook die Slender Wonder program gevolg en het 45 kg verloor! Vir iemand wat al vir jare hard gewerk het om gewig te verloor was dit ''n wonderwerk. Die dieet is baie streng maar omdat dit deur ''n dokter ontwerp en ook oorsien word, glo ek dat dit beslis die beste manier is vir iemand met IW en PCOS om gewig te verloor. Ek raai wel aan dat sy in die tydperk wat sy gewig verloor ook werk om spier te bou om na die tyd haar gewig konstant te kan hou!

Reply to rix
Posted by: Katie Heine | 2010-04-08

Dokter,

Dankie vir die raad. Ek sal dit beslis doen. PCOS lyk nogals " scary." 
Ek moet net regstel dat sy 82kg weeg en nie 87 soos ek gemeld het nie.
Nogmaals dankie
Groete.
Katie Heine

Reply to Katie Heine
Posted by: DietDoc | 2010-04-08

Beste Katie
Leptien is inderdaad een van die hormone wat voedselinname beheer en 'n gebrek aan leptien kan tot gewigstoename lei. Ek dink egter dat jou kleindogter liewer eers moet gaan vir 'n volledige hormoonondersoek by 'n Endokrinoloog (vra die huisarts om haar te verwys) aangesien sy moontlik aan Polisistiese Ovariale Sindroom (PCOS) en insulienweerstandigheid (IW) ly. Indien die toetse aandui dat sy wel hierdie probleme het, sal die Endokrinoloog raad gee oor medikasie. Sy kan gerus vir die spesialis vra oor leptien. Indien sy wel aan PCOS of IW lei, dan moet jou kleindogter asb 'n kliniese dieetkundige spreek om haar te help met 'n lae glisemiese indeks (GI) dieet. Haar huidige BMI = 27,4 wat bokant die normale boonste waarde is. Om weer in die normale reikwydte te val, behoort sy 11 kg te verloor. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal help om gewig te verloor en haar insulienvlakke te normaliseer. Die feit dat jou kleindogter elke dag oefen is uitstekend wat dit help ook om wisselvallige insulien- en glukosevlakke te stabiliseer.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement