advertisement
Question
Posted by: Jo''tjie | 2011/02/23

Lensies - moet ek my koolidraat inname verander?

Hi Doc

Ek het ''n dieetkundige gaan sien verlede jaar om my te help om gewig te verloor, sy het vir my ''n plan van 7000kj voorgeskryf en gesê  dat as ek dit volg behoort ek ''n 1kg ''n week te verloor.

Soos doc, maar weet van uitstel kom afstel en het ek noot die program 100% gevolg nie, was maar moeilik met ''n huis vol mense wat nie wil saam eet nie, maar dinge het verander en ek pak dit nou weer aan met mening.

My vragie, ek het gelees dat die ideale kj iname om gewig te verloor is 6300 moet ek my dieet verander of gaan die ekstra 700kj nie so groot verskil maak nie? Ek is nie verskriklik aktief nie, probeer wel.

Dan my ander vraag is oor protein. Ek is baie lief vir " pulses"  lensies en boontjies, mens kom net baie verder weg met lensies as met vleis, maar nou het iemand vir my gesê  dat ek moet pasop want lensies is nie suiwer protein nie, dit bevat meederheid koolidrate, my vraag as ek dan lensies eet moet ek dan liefs een van my koolidrated porsies verminder?

Ek eet ''n vorm van pulses seker 3 keer ''n week.

My program sê  dat ''n halwe koppie lensies is gelyk aan een porsie protein.

By voorbaat dankie vir u terugvoering

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jo'tjie
Ek is bly om te verneem dat jy nou mooi gaan bly by die dieet wat die dieetkundige vir jou voorgeskryf het. Sy het seker 'n rede gehad hoekom sy daardie ekstra 700 kJ per dag ingesluit het. Moenie aan die dieet karring nie en laat ons eers sien hoe jy vorder daarop. Peulgroente soos lensies is 'n goeie bron van proteïene, is laag in vet en bevat geen cholesterol nie. Peulgroente staan as vleis-alternatief bekend en word sterk aanbeveel weens hul hoë veselinhoud. Kom ons vergelyk gekookte lensies en gekookte hoender sonder vel per 100g: 100g lensies bevat 487 kJ, 8.6 g proteïene, 0.2 g vet, 0 g cholesterol, 13.7 g koolhidraat en 7 g dieetvesel; 100g hoendervleis bevat 666 kJ, 28.9 g proteïene, 4 g vet, 77 mg cholesterol, 0 g koolhidraat en 0g dieetvesel. Dus bevat lensies minder kJ, baie minder vet en cholesterol en meer dieetvesel as maer hoendervleis. Jy kan dit dus gerus as alternatief gebruik of duur vleis- en visgeregte daarmee rek. Dit is nie nodig om jou koolhidraat-porsies te verminder nie.
Hou nou mooi by die dieet, eet lekker aan die lensies en doen so veel oefening as moontlik (gaan bv, stap in die vars lug).
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/02/23

Beste Jo'tjie
Ek is bly om te verneem dat jy nou mooi gaan bly by die dieet wat die dieetkundige vir jou voorgeskryf het. Sy het seker 'n rede gehad hoekom sy daardie ekstra 700 kJ per dag ingesluit het. Moenie aan die dieet karring nie en laat ons eers sien hoe jy vorder daarop. Peulgroente soos lensies is 'n goeie bron van proteïene, is laag in vet en bevat geen cholesterol nie. Peulgroente staan as vleis-alternatief bekend en word sterk aanbeveel weens hul hoë veselinhoud. Kom ons vergelyk gekookte lensies en gekookte hoender sonder vel per 100g: 100g lensies bevat 487 kJ, 8.6 g proteïene, 0.2 g vet, 0 g cholesterol, 13.7 g koolhidraat en 7 g dieetvesel; 100g hoendervleis bevat 666 kJ, 28.9 g proteïene, 4 g vet, 77 mg cholesterol, 0 g koolhidraat en 0g dieetvesel. Dus bevat lensies minder kJ, baie minder vet en cholesterol en meer dieetvesel as maer hoendervleis. Jy kan dit dus gerus as alternatief gebruik of duur vleis- en visgeregte daarmee rek. Dit is nie nodig om jou koolhidraat-porsies te verminder nie.
Hou nou mooi by die dieet, eet lekker aan die lensies en doen so veel oefening as moontlik (gaan bv, stap in die vars lug).
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement