advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2011/03/20

Laryngopharyngeal reflux en Nexiam ...

Beste Dr Bets

Ek was in Desember gediagnoseer met ''n hiatus hernia van die maag. Die gastroskopie was gedoen want ek het ''n konstante knopgevoel in my keel gehad. Die spesialis het later aan my verduidelik dat die kos tot by my keel/stembande kom en dan daar sit, blykbaar is dit bekend as laryngopharyngeal reflux.

Ek het Topzole 40mg gebruik wat my glad nie gehelp het nie. Ek was toe vir 2 maande op Nexiam 40mg een maal daagliks geplaas deur die spesialis. Dit het baie beter gewerk en my GP het toe probeer om dit vir 6 maande op kronies te plaas deur die mediese fonds met die spesialis se gastroskopie verslag. Die mediese fonds wou toe by die spesialis ''n motivering he en hom probeer oorreed om my op iets anders te plaas.

Hy het toe aanbeveel dat ek nou 20mg probeer een maal daagliks en kyk of dit nie ook goed werk nie, aangesien die mediese fonds meer gewillig sal wees om die laer dosis goed te keur. Ek is nou op dag 10 van die 20mg en dit het redelik goed gegaan tot nou, maar vandag het mense weer vir my begin se dat my asem baie stink (natuurlik van die kos in my stembande/keel) en ek kan ook voel dat daar reflux is. Dit is baie vernederend vir my en ek weet nie wat ek daaraan kan doen nie aangesien dit nie my mond is wat stink nie - die reuk kom van my keel af. Ek kan dit ook nooit self ruik nie.

Ek het agter gekom dat ek net die reflux kry op die Nexiam as ek die verkeerde kosse eet, veral wit brood, en as ek baie gestres is, wat ek probeer beheer. Ek moet binne die volgende paar dae vir die spesialis se of ek die 20mg of 40mg geregistreer wil he sodat hy die mediese fonds kan druk vir dit. Ek is net bang dat ek dit as 20mg registreer op kronies en dan begin ek sukkel oor ''n ruk as die dosis te laag is en dan weier die medies dalk om dit op 40mg te registreer, want die 40mg het my selfs nie eers altyd 100% verligting gegee of my heeltemal simptoomvry gemaak nie. Dan is ek ook bang dat die 40mg dalk nie goed vir my is nie?

Kan dokter asb. vir my advies gee vir die stink reuk (groot probleem ! !) en asook watter dosis vir die Nexiam raadsaam is?

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
Nexium 20mg is die aanbevole dosis vir reflux. Dit is egter ook belangrik dat jy reg eet (kleiner maaltye, kos vermy wat refluks simptome gee). As medikasie nie help nie, kan hulle opereer om die hernia te herstel maar daar is altyd 'n risiko dat dit kan herhaal.
sien http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0001311/
Jy kan dalk ook vir jou dokter vra of jy Maxolon kan by gebruik wanneer jy simptome ervaar - dit help dat die maag vinniger leegmaak en reflux voorkom.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/03/21

Hallo Raadop
Nexium 20mg is die aanbevole dosis vir reflux. Dit is egter ook belangrik dat jy reg eet (kleiner maaltye, kos vermy wat refluks simptome gee). As medikasie nie help nie, kan hulle opereer om die hernia te herstel maar daar is altyd 'n risiko dat dit kan herhaal.
sien http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmedhealth/PMH0001311/
Jy kan dalk ook vir jou dokter vra of jy Maxolon kan by gebruik wanneer jy simptome ervaar - dit help dat die maag vinniger leegmaak en reflux voorkom.
dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement