advertisement
Question
Posted by: MC | 2010/12/02

Laryngopharyngeal reflux?

Hallo dokter

Ek sukkel al die laaste 3 maande met gastric reflux en ek is nou baie moedeloos.

Ek het 4-5 maande terug ''n cystoscopy gehad waar daar ''n vernouing van die urethra gevind is, en die is toe gerek. Daar was ook gevind dat die blaasnek vernou is, maar dit was eers so gelaat. Sover is die urienwegprobleem al baie beter.

Die reflux het omtrent ''n maand na die prosedure begin. Ek weet dat die narkotiseur ''n pyp in my keel afgesit het gedurende die prosedure en ''n dag na die tyd was my stem amper heel weg, maar dit het vinnig reg gekom. Ek het eventueel my GP gaan sien wat gese het dat my liggaam sleg reageer het op die narkose en dat dit die rede is hoekom ek hardlywigheid, reflux ens. het. Hy het gese dit kan maande vat om reg te kom. Hy het vir my Topzole en Movicol voorgeskryf, maar die Topzole het tot vandag toe nog nie regtig veel gehelp vir die reflux nie. Dit help wel om die brandende gevoel vanuit die anus te verminder, wat blykbaar ook is a.g.v. die suur.

My hardlywigheid is al so te se weg en my maag is normaal, maar ek het steeds die reflux en is baie " bloated by tye."  Die snaakse ding is dat ek nog nie een keer ''n brandende sensasie gehad het met die reflux nie, en van wat ek kan sien kan dit laryngopharyngeal reflux wees wat so maak? Dit het begin met ''n dik gevoel in die keel, en op ''n stadium het die kos vir ''n rukkie in die keel gesit en dan eers afbeweeg. Ek kan nou normaal sluk, maar so paar minute na ''n ete kry ek weer die gevoel van kos in my keel. Sodra ek weer iets eet/drink gaan dit weg vir ''n ruk.

Intussen, 3 maande gelede, is ek ook gediagnoseer met ''n skildklier wat bietjie onderaktief is en is al vir 2 maande op Euthyrox 25 mg. Ek moet dit nog vir ''n maand gebruik en Januarie weer vir ''n bloedtoets gaan.

My grootste kommer le by die reflux/kos gevoel in my keel. Ek het onlangs ''n baie stresvolle eksamentydperk deurgemaak, maar ek is nou ontspanne en ek rus daagliks.

Ek is bekommerd oor die keel gevoel. Wat is die kanse dat die narkotiseur skade aangerig het?

Ek is nie ''n dokter nie, maar ek glo nie dit is ''n hiatus hernia nie want ek het nie sooibrand of ander hiatus hernia simptome (volgens die internet) nie. Dit is net hierdie irriterende kos gevoel in die keel.

Dokter, ek is bitter bekommerd. Ek is ''n 22-jarige manlike student en ek vind my kondisie tans baie stresvol. Ek is so bang dat ek ''n kondisie het wat ''n operasie of iets nodig sal he. Ek het weer ''n afspraak gemaak om my GP Maandag te sien want ek wil vra of ek Nexiam kan probeer in pleks van die Topzole 40.

Kan dit die skildklier wees wat alles veroorsaak?

Ek sal dokter se opinie meer as enige iets waardeer.

Groete
MC

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo MC
AS mens narkose gee gaan die pyp wat mens insit net so 5 cm diep in jou lugpyp af, so dit kom eintlik nie naby jou slukpyp nie. Mens kan 'n seer keel en heesheid hê na 'n operasie net van die irritasie van die pyp bolangs in jou keel, maar dit kom gewoonlik gou reg. Die feit dat jou kos half vasgesit het, en dat jy 'n gevoel het van 'n "knop" in jou keel kan agv 'n slukderm spasma wees, maar mens sal dit moet ondersoek met 'n gastroskopie (kamera sluk) Dis glad nie seer nie, deesdae gee hulle mens 'n baie ligte narkose (sonder 'n pyp in jou keel!) en kyk dan in jou slukderm of daar vernouings, vergroeiings of rooiheid is. Gastro-enteroloë doen dit gewoonlik. Mens gaan sommer die oggend in en voor middagete is jy by die huis.As Topzole nie gehelp het nie sou dit nou vir my die volgende stap wees.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Belinda | 2010/12/18

Dit voel vir die afgelope maand of daar ''n knop in my keel is, Ek het vir ''n gastroskopie gegaan en ook Xray van my long. Die Dr kan egter geen probleem kry nie. Intussen kry ek vir enige ding sooibrand en kan nie ''n pil afsluk nie.
Wat kan die probleem wees?

Reply to Belinda
Posted by: Gesiggie (Cornel) | 2010/12/04

MC,

As jy in die Pretoria-area bly kan ek vir jou ''n baie goeie Gastroentroloog aanbeveel: Dr. Steyn in Pretoria-Oos Hosp. Ek sukkel al vir baie jare en het al baie toetse en kameras gesluk en op ''n stadium ook LPR diagnose gekry, maar Nexium wou nie werk nie en ek het verder gaan soek... en toe is Dr. Steyn die oulikste en slimste van die lot en het gastric inlet patches op my sluk gekry wat al my simptome verduidelik.

Hoop jy kom reg, hoor. Sterkte.

Reply to Gesiggie (Cornel)
Posted by: Cyberdoc | 2010/12/02

Hallo MC
AS mens narkose gee gaan die pyp wat mens insit net so 5 cm diep in jou lugpyp af, so dit kom eintlik nie naby jou slukpyp nie. Mens kan 'n seer keel en heesheid hê na 'n operasie net van die irritasie van die pyp bolangs in jou keel, maar dit kom gewoonlik gou reg. Die feit dat jou kos half vasgesit het, en dat jy 'n gevoel het van 'n "knop" in jou keel kan agv 'n slukderm spasma wees, maar mens sal dit moet ondersoek met 'n gastroskopie (kamera sluk) Dis glad nie seer nie, deesdae gee hulle mens 'n baie ligte narkose (sonder 'n pyp in jou keel!) en kyk dan in jou slukderm of daar vernouings, vergroeiings of rooiheid is. Gastro-enteroloë doen dit gewoonlik. Mens gaan sommer die oggend in en voor middagete is jy by die huis.As Topzole nie gehelp het nie sou dit nou vir my die volgende stap wees.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement