advertisement
Question
Posted by: Insie | 2009-03-27

Laktose intolleransie &  Skildklier

Goeie Dag
Ek het laktose intolleransie al van my hoë rskool dae af (is nou 36) en is so ' n maand terug ook " gediagnoseer"  met ' n onderaktiewe skildklier. Ek gebruik Eltroxin. Ek het altyd ' n kalsium aanvulling gebruik, maar mag dit glo nie saam met die Eltroxin gebruik nie. Ek is ook onseker oor wat ek eet en drink en wat nie. Ek het in die laaste +/- 24 mnde meer as 30kg opgetel, natuurlik agv die skildklier. Ek drink ook waterpille, maar as ek dit nie die dag drink nie, kry ek nie my skoene, ringe of horlosie aan nie. Ek probeer dit net elke 2de dag gebruik, want ek het " gehoor"  dit beskadig jou niere. EK is al op van almal wat my probeer vertel wat ek moet en nie moet, ek is nou desperaat vir deskundige hulp. Ek bly op die platteland en hier is nie mense wat my kan help nie, baie wat dink hul weet alles, maar niemand wat werklik weet nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Insie
Ek weet nie wie vir jou vertel het dat jy nie 'n kalsiumaanvulling saam met Eltroxin mag gebruik nie, maar dit is nie waar nie. Iemand met 'n laktose intoleransie moet addisionele kalsium inneem en in jou geval sal ek aanraai dat jy voortgaan met jou kalsiumaanvulling maar dit saans drink aangesien kalsium snags beter geabsorbeer word. In die lig van die nuutste navorsing word daar aanbeveel dat mense kalsiumaanvullings wat ook vitamien D en vitamien K bevat, behoort te drink. Kyk of jy Mena-Cal.7 wat kalsium, vit D en vit K2 bevat, kan koop as jou huidige aanvulling opraak. Die storie dat die waterpille jou niere gaan beskadig, is ook nie waar nie. Terwyl jy aan waterretensie ly wat veroorsaak word deur jou tekort aan skildklierhormoon, kan jy die waterpille elke dag neem soos voorgeskryf. Dit sal verhoed dat jy so opswel en die lewe makliker maak vir die volgende 2-3 maande - dit is hoe lank dit kan vat totdat jou skildklierhormoonvlakke normaliseer met die Eltroxin. Dis 'n stadige proses. Nadat die skildklierhormoonvlakke genormaliseer is, kan jy 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet gebruik (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet'). Dit is nie 'n laktose-vrye dieet nie, so jy sal self die melk en suiwelprodukte moet uitsny en vervang met ander lae-vet keuses. Sorg ook dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen (touspring, hardloop, swem, fietsry, roei, ens), om jou metabolisme te stimuleer en gewigsverlies aan te help.
En moet asb Nie luister na al die bogstories wat mense vertel nie!!
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement