advertisement
Question
Posted by: Wonder | 2009/08/19

Lae wit bloed telling

Hello dok.

Ek wonder of jy miskien kan raad gee. Ekt so rukkie terug n volle bloedtelling laat doen. Is HIV negatief. Wat anders kan dit veroorsaak en wat kan mens doen om dit te stabiliseer.

Groete.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wonder
Lae WBS telling kan ontwikkel deur onderdrukking van die beenmurg met chemoterapie, bestraling, met beenmurgsiektes soos mielofibrose en aplastiese anemie en leukemie.
Mees algemeenste oorsaak is virus infeksies, maar ander infeksies soos malaria, TB en bosluiskoors kan dit ook veroorsaak. Sekere vitamien tekorte soos folaat en mineraal tekorte soos koper en sink kan ook lae WBS telling veroorsaak.
Baie medisynes onderdruk WBS vorming - soos clozapine, immuun onderdrukkende middels vir rheumatoid artritis en Ulceratiewe colitis, interferons, antidepressante soos Wellbutrin, antibiotika soos minosiklien, anti-epileptiese middels soos Valproaat .
Dit is iets wat jou dokter moet dophou - miskien is die lae telling vir jou "normaal", maar as dit aanhou afgaan, moet daar dalk verdere toetse gedoen word
Dr Bets



The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/03/02

dok ek het n bja lae wbs en lae bloedplaaitji telling ook my infeksien vlak is reg en ek gebruik geen pille nie wat kan dt wees

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/08/13

Dok. Ek was vir n reeks bloedtoetse en het 'n lae witbloedsel telling & my suikervlak is ook hoog. Wat beteken dit? Dankie Anoniem

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement