advertisement
Question
Posted by: Martie | 2009-01-20

Q.

Lae vet vleissous (Bolognaise sous)

Beste DietDoc
Baie dankie vir die bemoedigende raad oor lae GI kosse.
Ek wil net graag meer uitvind rondom die lae-vet vleissous (Bolognaise sous).
1) Waar kry mens dit? Of moet mens dit self maak?
2) As jy dit self maak, watse vleis sit jy in? Ek probeer rooi vleis oor die algemeen vermy weens die hoë  vetinhoud daarvan. Is fynvleis (mince), sels die extra lean mince, nie maar ook geweldig hoog in vet nie?
3) Kan mens Ina Paarman se Bolognaise sous, die pasta sous in die botteltjie gebruik? Ek sien dis lae-vet, maar daar staan nerens dat dit lae GI ook is nie? Ek wonder net of al die byvoegsels daarin nie dalk die GI verhoog nie?
4) Waar kan ek ' n resep kry vir ' n lae-vet vleissous (bolognaise) wat vinnig en maklik is om te maak, of watter klaar voorbereide produk kan ek gebruik?
Baie dankie Dok, ek waardeer jou raad!
Groete
Martie

Expert's Reply

A.

Expert ImageDietDoc

Beste Martie
Dis 'n plesier. Jy kan 'n lae-vet vleissous maak van ekstra-maer gemaalde beesvleis, tamatie puree of vars tamaties, ander groente soos soetrissies, groen bone, ertjies, en selfs 'n wortel of 2, of geblikte of gekookte droë bone (lae-GI), balsem kruid, bietjie swart peper en bietjie sout. Die idee is om net 'n matige porsie vleis te gebruik en soveel groente of peulgroente as moontlik by die sous te voeg. Tamaties, en tamatie puree (die hoofbestanddeel van die sous en die maer maalvleis) het 'n lae GI. Onthou tog dat mens hoë-GI en lae-GI kosse kan meng. Ek is nie vertroud met Ina Paarman se Bolognaise sous nie - as dit basies 'n tamaties sous is, dan behoort die GI nie hoog te wees nie.

Lekker eet
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
user comments

C.

Posted by: Gogga | 2009-01-20

Martie, hier is my vinnige en maklike bolognese resep:

1 of 2 teelepels olyfolie in pan
fyngekapte ui, braai tot deurskynend
maer bees mince of wildsvleis mince
1 of 2 blikkies All Gold tamaties (ek hou van die Italiaanse een) afhangende van hoeveelheid mince.
bietjie chutney of kruie en speserye na smaak.
prut alles saam teen matige hitte tot dit lekker lyk.
jy kan ' n eetlepel of 2 rooi lensies bysit om die sous dikker te maak, kook tot hulle min of meer verdwyn, omtrent 20 minute.
jy hoef nie die vleis bruin te braai voor jy die tamatie bysit nie, gooi alles gelyk in, dan gaan dit vinniger.

as jy meer moeite wil maak, sit fyngekapte wortel en/of soetrissie by - dit gaan langer kook om die groente sag te kry.

as jy baie lui voel, maak net ' n bietjie maer mince gaar en meng met bottel Fatti' s &  Moni' s of Ina Paarman se tamatie pastasous. dit kom wel duurder uit!

Reply to Gogga

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement