advertisement
Question
Posted by: Annatjie | 2012/03/20

Lae plasenta

Ek is tans 7 weke swanger. Het al vir twee weke bloeding wat eers bruin was, maar nou rooi is. Nie genoeg om ''n doekie vol te maak nie, net as ek badkamer toe gaan is dit daar.

Ek het gister ''n sonar gehad. Die dokter sê  die hartklop is reg en die CRL ook. Sy sê  ek bloei omdat my plasenta laag lê  en oor my cervix is. Sy sê  sy glo dit sal later vanself regkom.

Ek gebruik tans 200mg Utrogestan.

Is die plasenta wat so laag lê  en die gevolglike bloeding gevaarlik? Kan dit ''n miskraam veroorsaak? Kan dit geboorte defekte veroorsaak?

Wat is die kans dat dit sal regkom?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Annatjie

'n Laag liggende plasenta "migreer" later na die regte posisie in die uterus. Daar is altyd 'n moontlikheid vir 'n miskraam, maar ek stel voor dat jy ontspan en jouself nie daaroor bekommer nie. 'n Laag liggende plasenta word nie met geboorte defekte geassosieer nie.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement