advertisement
Question
Posted by: L M | 2011/02/08

LAE GI DIEET VRAE

Hi Doc
Ek volg tans n lae GI dieet kan u asb bevestig: Ek het Sondag 125ml tert appel, half teelepel suiker met kaneel warm gemaak, toe sprinkel ek een klein amandel bros biscuit bo-op en 50gram lae vet roomys, dit was laatmiddag snack, is die gereg lae Gi asb? Ek het ook die artikel oor donker sjokelade gelees, ek neem aan hulle praat van 70% donker sjokelade? hoe kan ek dit inbring in my dieet in asb. Ek eet tans die volgende porsies: 5 proteiene wat 2-3 lae vet suiwel insluit, 5 lae GI Carbs (ek sukkel om daar uit te kom en eet meestal 3-4) 3 vette 2 vrugte en 3 groente (meestal slaai). Ek is nou al 4 weke op die plan en het 87.9 geweeg en nou weeg ek 83.8. Ek drink elke dag ook 1.5-2 liter water/vloeistowwe en gebruik tans die produk: Comprehenzive Colon Cleanz, het u al gehoor van die produk? Ek sal u hulp en raad waardeer. Lekker dag verder, Groete LM

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste LM
Die appeltert met bietjie suiker en lae-vet roomys is waarskynlik 'n lae-GI gereg a.g.v. die roomys, maar onthou tog dat die energie- en vetinhoud van 'n gereg of maaltyd ook 'n rol speel as mens wil gewig verloor. Net om 'n voorbeeld te noem: alle plantolies en vette soos botter, room, margarien, ens, het 'n lae GI, maar dit is hoog in vet en energie en sal jou dieet dwarsboom as jy te veel daarvan eet. Dieselfde geld vir donker sjokolade. Dit het 'n lae-GI en bevat anti-oksidante, maar as jy te veel daarvan eet dan gaan dit jou energie-inname opstoot. Gebruik dus net 1 of 2 blokkies op ‘n keer en nie elke dag nie. Volgens jou gewigsverlies van 4.1 kg in 4 weke, ofte wel, ongeveer 1 kg per week, wil dit voorkom dat jou gebruik van die lae-GI dieet suksesvol is. Ek is nie ten gunste van enige produkte soos "Comprehensive Colon Cleanz" nie, aangesien sulke produkte gewoonlik kwaai lakseermiddels bevat wat die natuurlike werking van jou spysverteringskanaal kan belemmer, en tot ontwatering en voedingstofgebreke kan lei, weens die gedurige oormatige passering van waterige faeces. Wees dus versigtig want jy kan maklik lakseermiddel-afhanklik word en nie langer normale dermbewegings ondervind nie.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Yolande | 2011/02/22

Hi LM
Baie geluk met die gewig wat jy verloor het. Mag ek vra of jy jou Lae Gi dieet kan deel asb. Ek is desperaat.
Dankie
Yolande

Reply to Yolande
Posted by: DietDoc | 2011/02/09

Beste LM
Die appeltert met bietjie suiker en lae-vet roomys is waarskynlik 'n lae-GI gereg a.g.v. die roomys, maar onthou tog dat die energie- en vetinhoud van 'n gereg of maaltyd ook 'n rol speel as mens wil gewig verloor. Net om 'n voorbeeld te noem: alle plantolies en vette soos botter, room, margarien, ens, het 'n lae GI, maar dit is hoog in vet en energie en sal jou dieet dwarsboom as jy te veel daarvan eet. Dieselfde geld vir donker sjokolade. Dit het 'n lae-GI en bevat anti-oksidante, maar as jy te veel daarvan eet dan gaan dit jou energie-inname opstoot. Gebruik dus net 1 of 2 blokkies op ‘n keer en nie elke dag nie. Volgens jou gewigsverlies van 4.1 kg in 4 weke, ofte wel, ongeveer 1 kg per week, wil dit voorkom dat jou gebruik van die lae-GI dieet suksesvol is. Ek is nie ten gunste van enige produkte soos "Comprehensive Colon Cleanz" nie, aangesien sulke produkte gewoonlik kwaai lakseermiddels bevat wat die natuurlike werking van jou spysverteringskanaal kan belemmer, en tot ontwatering en voedingstofgebreke kan lei, weens die gedurige oormatige passering van waterige faeces. Wees dus versigtig want jy kan maklik lakseermiddel-afhanklik word en nie langer normale dermbewegings ondervind nie.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement