advertisement
Question
Posted by: Thea | 2012/07/31

lae bloedsuiker en oorgewig

Ek sukkel regtig om gewig te verloor. Het bv Weighless vir ''n jaar gedoen en net 7 kg verloor (in 12 maande!). Nou het ek uitgevind ek ly aan lae bloedsuiker en ek moet elke paar uur eet, anders het ek probleme. Wat kan ek doen om gewig te verloor?? Ek is 45kg oorgewig.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Thea
Ek is jammer om te verneem dat jy aan lae bloedsuiker ly aangesien dit 'n moeilike toestand is om te beheer. Ek wil graag voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n lae-vet, lae-GI dieet. Lae-GI beteken dat jy sal kosse met 'n lae glisemiese indeks sal gebruik. Dit sal jou bloedsuiker beheer en die lae-vetinname sal jou help om gewig te verloor. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'Diet & Nutrition' is, klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes'. Gereelde daaglikse oefening (soos flink stap, touspring, swem of fietsry of deelname aan Walk for Life) vir ten minste 30 min per dag kan ook baie help om gewigsverlies aan te help. Jy moet egter jou voedselinname met die hulp van die dieetkundige so versprei as jy oefen, dat jy nie hipoglisemies word nie.
Sterkte vorentoe
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2012/07/31

Beste Thea
Ek is jammer om te verneem dat jy aan lae bloedsuiker ly aangesien dit 'n moeilike toestand is om te beheer. Ek wil graag voorstel dat jy 'n geregistreerde dieetkundige spreek. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind wat jou sal kan help met 'n lae-vet, lae-GI dieet. Lae-GI beteken dat jy sal kosse met 'n lae glisemiese indeks sal gebruik. Dit sal jou bloedsuiker beheer en die lae-vetinname sal jou help om gewig te verloor. Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weightloss' en 'The Glycaemic Index' en lees die artikels oor hierdie onderwerp. Terwyl jy op 'Diet & Nutrition' is, klik ook op 'Food as medicine' en 'Type 2 diabetes'. Gereelde daaglikse oefening (soos flink stap, touspring, swem of fietsry of deelname aan Walk for Life) vir ten minste 30 min per dag kan ook baie help om gewigsverlies aan te help. Jy moet egter jou voedselinname met die hulp van die dieetkundige so versprei as jy oefen, dat jy nie hipoglisemies word nie.
Sterkte vorentoe
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.