advertisement
Question
Posted by: Susan | 2012/08/19

Kug

Dogter van 14 kug onophoudelik. Was by oor neus keelspesialis. Plate wys haar longe is effens geswel. Sy kry ook tipe van asma aanval wanneer sy strawwe oefeninge doen, daarvoor gebruik sy ''n pompie wat help.
Verder kry sy baie gereeld sooibrand. Haar neus is nie toe en sy het nie ''n nasaledrip. Sy kug heeldag het al alle moontlike allergiepille probeer niks help. Die oomblik wat sy gaan slaap is die kug weg??? Na wie toe kan ek haar volgende neem? Sy kug deur hoesonderdrukkers.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Susan

Die kug is heel waarskynlik weens haar asma en ek stel voor dat jy 'n long spesialis konsulteer om haar hoes te laat evalueer. Hoesonderdrukkers sal nie help as die hoes as gevolg van asma is nie. Indien sy kla van sooibrand, moet 'n gastroenteroloog dit ondersoek. Dit kan ook die oorsaak van haar kroniese kuggie wees. Intussen kan sy Gaviscon Plus voor etes gebruik en kyk of daar 'n verbetering is.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement