advertisement
Question
Posted by: LC | 2010-04-01

Kry nie gewig verloor nie

Hi doc, ek is ''n 32 jarige vrou, met 3 kinders, die jongste noual 2 en ''n half jaar oud, het haar geborsvoed vir 2 jaar en 2 maande. Gewig opgetel met borsvoeding, Esperide en anti depressante Paxil. Uiteindelik gestop en is tans op Eltroxin vir onderaktiewe skildklier. My dokter het vir Yaz voorgeskryf vir voorbehoed, ek het by Curves aangesluit en so 3 kilo''s verloor, was op vakansie maar niks opgetel nie, ek is baie hongerig as ek oefen maar toe ek nie geoefen het nie was ek net reg. Het nou weer begin oefen en Yaz gelos oor buierigheid, geen libido en deurbraak bloeding, is nou weer terug op Nordette wat ek vir 14 jaar gebruik het sonder newe effekte, maar nou tel ek gewig op, nie ernstig teveel nie maar ek voel ek oefen regtig hard vir 3 - 4 keer per week by Curves en niks gebeur nie, kan dit wees dat ek muscle bou en nie gewig verloor nie of wat kan die probleem wees. Ek is raadop en besig om weer in depressie te gaan en wil nie weer pille drink nie. Het jy raad wat dit nog kan wees, hoekom is ek so hongerig, wat kan ek ekstra doen??? Asseblief en dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste LC
Ek is jammer dat jy so gewig opgetel het na die geboorte van jou laaste kind, maar Esperide is bekend daarvoor dat dit gewigstoename kan veroorsaak. Dit is jammer dat die Paxil wat verlies aan aptyt as een van sy newe-effekte en borsvoeding wat bekend is dat dit gewigstoename teenwerk, albei by jou nie gehelp het nie. Die gebruik van enige vroulike hormoonpreparaat kan ook lei tot gewigstoename of - verlies afhangende van die individuele reaksie. Dit sal miskien help om dit met die dr te bespreek wat die Nordette voorskryf, om te sien of jy nie dalk 'n ander vorm van voorbehoeding wat nie hormone insluit, kan gebruik nie. Jy noem nie of jy saam met die oefening by Curves 'n verslankingsdieet gebruik nie en waaruit dit moontlik bestaan. Indien jy te min kos en veral te min koolhidrate inneem, sal jy altyd honger voel en dit kan lei tot depressie en ooreet. Verder kan depressie as sulks ook uitgesproke gewigstoename of -verlies veroorsaak. Bespreek jou neiging tot depressie met die dr aangesien lae serotonienvlakke in die brein tot depressie kan lei, en sekere antidepressante dit kan teenwerk en ook dikwels tot gewigsverlies kan lei. Indien die dr nie raad het nie, vra hom/haar om jou na 'n Endokrinoloog te verwys dat hy/sy kan nagaan of jy enige ander hormoongebreke het (bv. insulienweerstand). Indien jy nie 'n verslankingsdieet gebruik nie, probeer die gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel dieet op hierdie Webwerf (klik op 'Weight loss' en 'Balanced diet' om 'n voorbeeld van so 'n dieet te vind).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Rudi | 2010-04-11

Hi doc .
Ek is 21 , weeg 65 . Ek sukkel om gewig op te te tel. Wat kan ek doen/eet om nog so 15kg op te tel ?

Reply to Rudi
Posted by: Rudi | 2010-04-11

Reply to Rudi
Posted by: DietDoc | 2010-04-03

Beste LC
Ek is jammer dat jy so gewig opgetel het na die geboorte van jou laaste kind, maar Esperide is bekend daarvoor dat dit gewigstoename kan veroorsaak. Dit is jammer dat die Paxil wat verlies aan aptyt as een van sy newe-effekte en borsvoeding wat bekend is dat dit gewigstoename teenwerk, albei by jou nie gehelp het nie. Die gebruik van enige vroulike hormoonpreparaat kan ook lei tot gewigstoename of - verlies afhangende van die individuele reaksie. Dit sal miskien help om dit met die dr te bespreek wat die Nordette voorskryf, om te sien of jy nie dalk 'n ander vorm van voorbehoeding wat nie hormone insluit, kan gebruik nie. Jy noem nie of jy saam met die oefening by Curves 'n verslankingsdieet gebruik nie en waaruit dit moontlik bestaan. Indien jy te min kos en veral te min koolhidrate inneem, sal jy altyd honger voel en dit kan lei tot depressie en ooreet. Verder kan depressie as sulks ook uitgesproke gewigstoename of -verlies veroorsaak. Bespreek jou neiging tot depressie met die dr aangesien lae serotonienvlakke in die brein tot depressie kan lei, en sekere antidepressante dit kan teenwerk en ook dikwels tot gewigsverlies kan lei. Indien die dr nie raad het nie, vra hom/haar om jou na 'n Endokrinoloog te verwys dat hy/sy kan nagaan of jy enige ander hormoongebreke het (bv. insulienweerstand). Indien jy nie 'n verslankingsdieet gebruik nie, probeer die gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel dieet op hierdie Webwerf (klik op 'Weight loss' en 'Balanced diet' om 'n voorbeeld van so 'n dieet te vind).
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.