advertisement
Question
Posted by: Anton | 2011-04-07

Kroniese seel keel en sinus drip

More Doc, ek sukkel nou al 2 jaar met n kroniese sinus drip en seer keel nadat ek so twee jaar terug n ernstige griep opgedoen het. Dit voel ook van toe af of ek heeltyd slym in my bors het tot nou toe. Die simtome klaar op as ek met soutwater gorrel (keë l en neus) en gebruik dan ook Locabiotal neus- en keelsproei. Dit is dan beter vir so 3 dae en dan begin die siklus maar net weer. Ek het n skewe neus van rugbystrampe so die kanaal is bietjie beperk, en as my neus saans toe is, is ek geneig om met n oop mond te slaap, wat die seer keel net vererger. Ek gebruik ook dan baie Drixine om die neus oop te hou.
Ek het op n stadium gedink ek het die gevreesde voë lgriep onder lede of is dit miskien n allergie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anton

Ek stel voor dat jy 'n Oor-, Neus- en Keelspesialis konsulteer, aangesien jou kroniese sinus aangespreek sal moet word. Daar is 'n eenvoudige prosedure wat chirurgies jou septum kan herstel en dit behoort die meeste van jou probleme op te klaar. Staak alle self medikasie, veral die Drixine tot en met jy die ENT gekonsulteer het.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement