advertisement
Question
Posted by: Johan | 2012-10-02

kroniese moegheid, duiseligheid, swak konsentrasie

Dr

Dit voel permanent of daar ''n miswolk in my kop is wat dit baie moeilik maak om te konsentreer, ek''s kronies moeg, duiselig. Ek slaap genoeg, maar is skaars voor my rekenaar, dan begin die dofheid in my kop.

Het disritme, kardioloog het my huistoe gestuur met: " jy''s tussen die duiwel en die diepsee, sterkte"  - aangesien ek soms stadige en dan weer geweldige vinnige pols het-tussen 45 en 145, maar is darem meesal met oorslaan en al 57 tot 61 Is 41jr oud en het disritme sedert kinderjare.

Bloeddruk is meesal 130/140 oor80/90. Is bloedarmoede en/of ystertekort ''n moontikheid.

Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCardiologist

Beste Johan

Die simptome wat jy beskrywe klink glad nie soos simptome van die hart nie, en is ook nie simptome van ‘n ritmestoornis nie. Enige “disritme” klink vir my soos iets onafhanklik.
Ek verstaan nie wat jou kardioloog bedoel het deur om to se “jy is tussen die duiwel en die diep see”. Gaan sien asseblief vir ‘n goeie internis of algemene praktisyn wat jou simptome kan probeer ontleed en ook vir jou raad kan gee oor die aard van jou “disritme”.

Die simptome klink ook nie soos die van bloedarmoede of yster-tekort nie, maar daardie twee toestande kan maklik geiagnoseer word met ‘n eenvoudige bloedtoets. Jou dokter kan dit maklik vir jou reel.

Vriendelike groete, JT

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Franko | 2014-07-22

Ek is chronies duiselig. Elke dag vir die laaste 3 maande al. Het n paar bloedtoetse laat doen.......suiker en cholesterol o.a........als wys normaal. Bloeddruk normaal en onder beheer van medikasie. Oor, neus en keel spesialis ook gesien. Hy kry niks fout nie. EKG gedoen. Als reg daar. MRI breinscan wys niks abnormaliteite. Was tot by n Irioloog wat my n plaas se prys gevra het vir herbal produkte. Kwansuis om pankreasitus te behandel!!!!!! Hy kyk in jou oë en jy hou n staal pyp in jou hand vas. Die rekenaar maak die diagnose.......Werklik als al probeer........Ek slaap en eet goed. Het min energie......Ek het n persoonlikheids verandering ondergaan. Ek praat rustig en sag. Niks ontstel my nie. Eks is permanent duiselig. Kan iemand my help asb?

Reply to Franko
Posted by: Anonymous | 2013-12-03

my man is 70 het hoe bloedruk drink pile daar voor hy kla altyt hy duislig en voel moeg was al so baie by dokter ma hule se als lyk goed net sy bloeddruk dankie errol

Reply to Anonymous
Posted by: chrissie dekker | 2012-10-30

Ek is 51 en het bloeddruk probleme nou al die laaste 9 jaar en is op kronies. maar die laaste paar maande word ek duiselig in die kop. partykeer hou dit vir n paar sekondes partykeer is die heeldag. ek kry genoeg slaap. maar dit voel partykeer of my gesig aan alby kante lam word en dan het ek oor die swaar gevoel in my ore. dit voel partykeer of die probleem by my ore begin. altyd moeg en kan dan ni leka dink nie. al met my dr hieroor gepraat ma dit lyk of dit op dowe ore val. het partykeer hartkloppings maar dit gaan gewoontlik weg na n klein rukkier. Die duisligheid is besig om my teen die mure uit te dryf en dit beinvloed my hele lewe.

Reply to chrissie dekker
Posted by: Cardiologist | 2012-10-10

Beste Johan

Die simptome wat jy beskrywe klink glad nie soos simptome van die hart nie, en is ook nie simptome van ‘n ritmestoornis nie. Enige “disritme” klink vir my soos iets onafhanklik.
Ek verstaan nie wat jou kardioloog bedoel het deur om to se “jy is tussen die duiwel en die diep see”. Gaan sien asseblief vir ‘n goeie internis of algemene praktisyn wat jou simptome kan probeer ontleed en ook vir jou raad kan gee oor die aard van jou “disritme”.

Die simptome klink ook nie soos die van bloedarmoede of yster-tekort nie, maar daardie twee toestande kan maklik geiagnoseer word met ‘n eenvoudige bloedtoets. Jou dokter kan dit maklik vir jou reel.

Vriendelike groete, JT

Reply to Cardiologist

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement