advertisement
Question
Posted by: Jaco | 2009-07-06

Kroniese brongietis

Ek hoop julle kan my help, ken nie al die terme in engels nie, dis hoekom ek in Afrikaans skryf.

My pa is 65 jaar oud, hy het in Desember laas jaar geval en 3 dae later was hy byna dood, hulle kom toe agter met die val het sy maagseer geskeer en al die gifstowwe het toe in sy maag ingeloop, die dokters het operasie gedoen, en dit was werklik 'n wonderwerk dat hy nog leef. Vandag is my pa perdfris behalwe hy sukkel vreeslik met sy bors, hy hoes baie, dis asof hy baie slym het?? Kan dit miskien kroniese brongietis wees en het die maagseer iets hiermee te doen? Wat kan ons doen om hom te help? Hy was dokter toe maar hulle gee net medisyne maar niks help??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Jaco
Laat jou pa 'n pulmonoloog gaan sien - hulle moet longfunksie toetse doen en kyk of hy dalk chroniese bronchitis, emfiseem of asma het wat sy longsimptome veroorsaak. 'n groot hiatus hernia kan ook suur terugstoot tot in die lugpyp wat die longe kan irriteer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement