advertisement
Question
Posted by: Magda | 2010/03/29

Kroniese blaasinfeksie

Goeie middal dokter. Ek soek raad met my ma, sy is 59 jaar oud en sukkel met kroniese blaasinfeksie. Sy was al by talle dokters, hulle skryf antibiotika voor, maar sonder enige sukses. Na die laaste doktersbesoek het die vir haar gese dat haar blaas gesak het en het haar na ''n spesialis verwys. Sy is in die hospitaal opgeneem waar die spesialis die nodige toetse gedoen het en ons meegedeel het dat die blaas nie gesak het nie en steeds in die normale posisie is. Hy het haar op ''n 6 maande antibiotika kursus gesit. Na die ses maande ontwikkel sy pal steeds infeksie. Sy eet uiters gesond en gebruik die stort in plaas van die bad. Sy het ook cranberry pille probeer, maar dit vererger die infeksie. Sy het weer verlede maand infeksie gekry, die infeksie het intussen opgeklaar, maar nou kla sy dat haar blaas permanent vol voel en ongemaklik is. Wat kan u aanbeveel dat sy doen, sy is raadop met dokters wat haar nie kan se wat sy makeer en nie ''n oplossing bied nie. Sy raak depressief oor die probleem en aangesien sy sukkel met depressie kan dit net na nog ''n probleem lei. Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Magda
Chroniese blaas infeksie kan wees agv herhaaldelike bakteriele infeksie (agv abnormaliteite in die blaas,urienpypies of stene in die urienwee) of dit kan steriele interstitiële sistitis wees, 'n tipe inflammasie in die blaas (sien http://www.medicinenet.com/interstitial_cystitis/article.htm)
Aangesien hulle al die toetse gedoen het neem ek aan hulle het ook 'n "scope" gedoen en nie enige stene of abnormaliteit in die urienwee gekry nie. Sy moet 'n uroloog sien wat verkieslik in die toestand spesialiseer. Vra bietjie jou huisdokter om rond te vra om te kyk of daar so iemand in jou area is.
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/06/25

Goeie naand dr, ek sukkel 00k met kroniese blaas infeksie, ek is tans op 'n 6 maande behandeling. Tenspyte van die behandeling het ek nou weer 'n infeksie opgedoen. Ek is tans by 'n uroloog. Hy het 'n scope gedoen en gevind dat ek poliepe in my blaas het, wat bloed in my urine veroorsaak. 35

Reply to Anonymous
Posted by: cyberdoc | 2010/03/29

Hallo Magda
Chroniese blaas infeksie kan wees agv herhaaldelike bakteriele infeksie (agv abnormaliteite in die blaas,urienpypies of stene in die urienwee) of dit kan steriele interstitiële sistitis wees, 'n tipe inflammasie in die blaas (sien http://www.medicinenet.com/interstitial_cystitis/article.htm)
Aangesien hulle al die toetse gedoen het neem ek aan hulle het ook 'n "scope" gedoen en nie enige stene of abnormaliteit in die urienwee gekry nie. Sy moet 'n uroloog sien wat verkieslik in die toestand spesialiseer. Vra bietjie jou huisdokter om rond te vra om te kyk of daar so iemand in jou area is.
dr Bets

Reply to cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement