advertisement
Question
Posted by: Cecilia | 2009/08/28

Koue sensasie in borste

Ek het ' n borsvergrotings operasie gehad omtrent 5 jaar terug en as gevolg van die feit dat ek kiloide vorm moes ek die operasie ' n paar keer ondergaan. Ek is huidiglik baie aktief en doen baie oefening en vermoed dit kan dalk iets daarmee te doen kan hê , oefening sluit draf, gewig oefening en boks in. Ek ervaar die laaste paar dae ' n vreemde sensasie in my borste (was eers die een bors en paar dae later die ander een ook). Dit voel letterlik of daar ys binne in my borste is (voel soms of daar sommer koue rillings deur my hele bolyf skiet), die sensasie verdwyn ook vir tye en kom weer terug. Daar is ook ' n prikkel gevoel en soms voel dit amper soos steek pyne. Ek is net bekommerd dat dit dalk die prostese is wat lek? My borste is glad nie geswel of rooi nie, net die snaakse koue gevoelige sensasie. Hulp sal regtig waardeer word, ons woon huidiglik in die buiteland en sukkel om goeie mediese hulp te kry.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cecilia

Ongelukkig sal jy vir 'n mammogram en ultraklank van die borste moet gaan, om vas te stel of die prostese lek en of daar oormatige fibrose om die prostese gevorm het. Jy kan Myprodol vir die inflammasie en snaakse sensasie gebruik.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement