advertisement
Question
Posted by: leoma.olivier@gmail.com | 2012/12/06

Kosse - Dieet

More. Ek sukkel met my gewig. Kan net herbal dieet produkte gebruik. Ek het n werk waar ek heeldag sit, so ek kry geen oefening nie. Soos wat ek al afgelei het, het ek n stadige metabolisme. Wat beveel jy aan kan ek eet. En wat kan ek vermy. Asb help. Want ek weet ek kan gewig verloor. Was al by Medishape , en met die eet en inspuiting het ek baie gewig verloor. Maar kan dit nie nou bekostig nie, so moet dit op my eie doen. Maar het n booster nodig. Baie dankie vir julle hulp. Leoma

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leoma
Soos jy miskien agtergekom het, is ek nie ten gunste van verslankingspille nie. Ek sal aanraai dat jy 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en 'The right approach' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min flink stap of touspring. Begin eers stadig met die oefening en doen elke week meer soos jy sterker en fikser word. Fisiese oefening bly steeds die enigste veilige manier om mens se metabolisme te stimuleer.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement