advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2013/02/04

Kos vir energie

More Dokter,

My dogter neem die naweek deel aan atletiek. Sy gaan ''n paar kortafstand hardloop items doen soos 100m en aflos. Dit gaan ''n lang dag wees, want dis eers uitdunne en dan die finale. Wat kan ek vir haar gee om te drink en te peusel deur die dag wat haar energie sal gee maar nie te swaar sal wees op haar maag nie?

Baie dankie
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Dit sou goed gewees het as jy en jou dogter alreeds lank voor die atletiekbyeenkoms uitgewerk het watter kosse en energiedranke sy kan gebruik wat nie haar maag omkrap nie. Die gebruiklike kosse is: energiestafies, witbrood met heuning of konfyt, vrugte soos piesangs, appels, ens, en enige ander koolhidraat-ryke kosse soos pasta en groentesous, Pro-Nutro, ontbytgrane met melk en suiker. Dan kan sy moontlik ook energiedrankies, vrugtesappe of gegeurde melkdrankies tydens en kort na elke deelname (“event”) drink om haar bloedsuikervlakke te laat herstel. Indien sy alreeds 'n soort energiedrankie het wat sy van hou en wat haar nie maagkrampe gee nie (dit is 'n individuele reaksie wat atlete ondervind en ook die rede hoekom dit 'n goeie idee is om sulke kwessies voor die tyd uit te sorteer), dan kan sy dit gerus gebruik. Versoete, gegeurde melkdrankies, vrugtesappe of selfs aangemaakte koeldrank (d.w.s sonder gas) kan help om energie te verskaf. Sy sal ook haar behoefte aan water met die inname van die energiedranke moet balanseer. Nie te veel water, maar ook nie te min nie.
Klik op 'Diet & Nutrition' bo aan hierdie bladsy en doen dan 'n soektog vir 'Diets for sportsmen and women', 'Carbobloading' en ‘Milk as a sports drink’ om meer te lees oor sportdiëte.
Ek hou duim vas vir jou dogter - mag sy uitblink
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement