advertisement
Question
Posted by: TASH | 2009/08/31

Kortizoon

Ek was vir 2 en '  n halwe week op kortisoon, 20mg pulmison en 10mg van '  n ander kortisoon, vir verkoue en koorsblare in my mond. My gesig neig of dit geswel is asook my bene, asof daar nie sirkulasie is nie. Is dit water en is dit weens die baie kortisoon? Wat kan ek neem of doen? Het ook gewig opgetel, tensy dit die water is. Help asb

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tash
Ek is jammer om te verneem dat jy so siek was. Kortisoonbehandelings kan wel erge waterretensie veroorsaak en ook vir mens 'n sg. "maan gesig" gee. Dit is egter vir my vreemd dat jy na net 2,5 weke alreeds sulke simptome toon, gewoonlik kom dit voor na lang behandelings met hoë dosisse. Miskien moet jy die dr skakel en net vra of dit moontlik is dat die dosis wat jy beskryf so vinnig so baie waterretensie kon veroorsaak. Indien dit wel die geval is, sal jy moet geduldig wees tot die effekte van die medikasie verdwyn en jou liggaam weer herstel. Dit behoort nie nodig te wees om 'n verslankingsdieet te volg nie, want die gewig behoort ook weer te verminder.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement