advertisement
Question
Posted by: Derick Smit | 2011-06-20

Kortisoongebruik

Ek gebruik kortisoonaanvulling vanaf 1995 vir Polymialgea rhumatica - 5 tot 10mg per dag afhangende van ongerief. Ek dra kennis van die voor- en nadele van kortisoon. Ek wil weet of my byniere nog steeds sal funksioneer na al die jare se gebruik en is daar enige manier om myself af te speen van gebruik daarvan en of my byniere dan weer hulle funksie sal hervat. Ek het al probeer om my inname te verminder, maar moes dit hervat met ''n aanvanklike groot dosis aangesien my liggaam in spasma gegaan het. Ek is nou gediagnoseer met diabetes en het ook verlede jaar ''n stent gekry. Kan dit moontlik verband hou met my langdurige gebruik van kortisoon? Dankie by voorbaat.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Derick

Diabetes kan verband hou met die langdurige gebruik van kortisoon. Ek stel sterk voor dat jy jou dokter konsulteer om onder toesig die kortisoon gebruik te staak. Hy/sy kan ook bloedtoetse doen om vas te stel of jou byniere korrek funksioneer en ook ander komplikasies vir die langdurige gebruik van kortisoon uit te skakel.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement