advertisement
Question
Posted by: Tania | 2008/10/07

Kortisoon inspuitings

Hallo Dokter

My man het erg sinus, en gaan nou al vir die afgelope ses jaar elke jaar vir n kortisoon inspuiting vir sy sinus, en dit help wonderlik.

Ons het gehoor dit laat jou gewig optel, en dat dit meestal die terughouding van water is eerder as vet wat opgetel word. Dit kan blykbaar nie juis met oefening verminder word nie, is daar dalk n ander manier om van die water ontslae te raak?

My man is nou 30 jaar oud, en mens kan nie se hy is oorgewig nie, behalwe sy gesig het ronder geword en hy het n paar vetrolletjies bygekry in die ses jaar. Hy wil begin draf om dit af te skud. Hy weeg nou so 95 kg en is 1.86 m lank.

Baie dankie vir die hulp!

Groete

Tania

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Tania
een kortisoon inspuiting per jaar sal nie newe effekte van gewigstoename hê nie - dis net met chroniese gebruik of gebruik van langer as 'n week tot 10 dae wat dit regtig sal sigbaar word
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: arina | 2014/08/04

Beste Dr Ek moet ook gaan vir 'n kortisoon inspuiting in my skouer. Ek het in die begin van die jaar 2 mnde fisio gekry vir my linker skouer. Dit het darem so 60% verbeter. Die fisionterapeut het my toe meegedeel dat dit eintlik arthritis is . Ek is 55 j oud en voel toe skielik 99 jaar oud! My GP het my toe ingelig dat ons almal bo 35j arthritis het maar ek kan ook 'n 'frozen shoulder' he. Sy het ook gese as dit weer erg raak kan sy my 1 groot dosis kortisoon gee. Intussen het my regter skouer dieselfde begin pyn. Ek het maar uitgehou, medikasie gedrink maar niks help nie. Ek moet nou gaan vir 'n kortisoon inspuiting. En ek wil ook baie graag weet: Sal ek gewig optel met 'n kortisoon inspuiting of nie? Is dit net chemies/chroniese MEDIKASIE soos pille wat mens gewig laat optel? Wanneer is te veel inspuitings Te Veel? En laastens maar belangrik: kortisoon lei ook tot die verbrossing van mens se beendere - hoe bepaal mens dit.? Sal u asb so gaaf wees en anrwoorde vir my vrae te gee. Baie dankie Vriendelike groete Arina

Reply to arina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement