advertisement
Question
Posted by: Teresa | 2010/10/27

Kortisoon en gewig

Hi ek het Galoop se vraag oor die kortosoon asma pompie gelees maar kon nie jou antwoord vind nie, kan jy asb die antwoord op die vraag vir my epos aangesien ek met die selfde probleem sukkel en die gewig wat ek optel is verder besig om my gesondheid te affekteer
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Teresa
Nou is ek verward! Soos al die ander 'Experts' antwoord ek vrae wat aan my gestel word aflyn en ek hou 'n kopie van elke antwoord, maar ek kan nêrens die naam "Galoop" of enige verwysing na 'n kortisoon asmapompie vind nie. Ek sal egter probeer om vir jou te antwoord. Indien jy 'n asmapompie of asmabehandeling ontvang wat kortisoon bevat, dan kan dit wel bydra tot gewigstoename of ‘n onvermoë om gewig te verloor. Daarbenewens kan kortisoon ook waterretensie veroorsaak wat jou swaarder laat weeg en jou bene en enkels kan laat opswel. Ek sal voorstel dat jy eerstens gesels met die dokter wat jou vir asma behandel oor hierdie probleme aangesien jy nie sommer op jou eie die behandeling kan staak of verander nie. Dit kan baie gevaarlik wees. Indien die dr nie jou behandeling kan verander, en ook nie enige raad vir moontlike waterretensie het nie, dan kan jy moontlik probeer om self gewig te verloor deur gebruik te maak van ‘n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet). Ek weet nie of jy enige oefening mag doen met jou asma? Indien jy wel bv. kan gaan stap, dan sal dit ook help vir gewigsverlies en om moontlike waterretensie teen te werk.
Indien jy addisionele vrae het, pos asb. ‘n nuwe vraag en ek sal poog om dit te antwoord.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2010/10/27

Beste Teresa
Nou is ek verward! Soos al die ander 'Experts' antwoord ek vrae wat aan my gestel word aflyn en ek hou 'n kopie van elke antwoord, maar ek kan nêrens die naam "Galoop" of enige verwysing na 'n kortisoon asmapompie vind nie. Ek sal egter probeer om vir jou te antwoord. Indien jy 'n asmapompie of asmabehandeling ontvang wat kortisoon bevat, dan kan dit wel bydra tot gewigstoename of ‘n onvermoë om gewig te verloor. Daarbenewens kan kortisoon ook waterretensie veroorsaak wat jou swaarder laat weeg en jou bene en enkels kan laat opswel. Ek sal voorstel dat jy eerstens gesels met die dokter wat jou vir asma behandel oor hierdie probleme aangesien jy nie sommer op jou eie die behandeling kan staak of verander nie. Dit kan baie gevaarlik wees. Indien die dr nie jou behandeling kan verander, en ook nie enige raad vir moontlike waterretensie het nie, dan kan jy moontlik probeer om self gewig te verloor deur gebruik te maak van ‘n gebalanseerde lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (klik op 'DietnFood' bo aan hierdie bladsy, dan op 'Healthy Diets' en dan op 'Slimming Diet' vir ‘n afskrif van so ‘n dieet). Ek weet nie of jy enige oefening mag doen met jou asma? Indien jy wel bv. kan gaan stap, dan sal dit ook help vir gewigsverlies en om moontlike waterretensie teen te werk.
Indien jy addisionele vrae het, pos asb. ‘n nuwe vraag en ek sal poog om dit te antwoord.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.