advertisement
Question
Posted by: winnie lourens | 2011/11/21

kortisol

goeie dag Dokter
ek wil net uitfind as n mens se kortisol hoog is wat kan ek doen en gebruik om dit weer laag te kry baie dankie
groete winnie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Winnie
Het jou dokter enigsins vir jou 'n diagnose gegee om die verhoging in kortisol te verklaar? Hoë kortisolvlakke kan deur die volgende toestande veroorsaak word: 1) Gewasse op die byniere; 2) Stres; 3) Oormatige fisiese oefening; 4) Ooraktiewe skildklier; 5) Anoreksie; 6)Inname van verskeie medikasies. Indien jy aan oormatige stres ly, sal ek aanbeveel dat jy ‘n kliniese sielkundige spreek om jou te help om die stres beter te beheer. Wat algemene dieetbehandeling aanbetref, kan mens addisionele vitamien C neem, óf deur meer vars vrugte (bv. lemoene, pomelo’s, nartjies, papaja, spanspek, koejawels, aarbeie), en vars groente (bv. broccoli, kool, tamaties en soet rissies) te eet, óf deur 'n vitamien C supplement te drink. Indien jou hoë kortisolvlakke die gevolg is van oormatige oefening, dan is dit belangrik dat jy voldoende koolhidraat inneem voor, tydens en na oefening (bv. sportdrankies en energiestafies) en seker maak dat jy met elke maaltyd genoeg koolhidraat inneem. Indien jy aan anoreksie ly, is dit belangrik om dadelik hulp te kry van 'n geregistreerde dieetkundige. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou voedsel- en voedingstofinname te verbeter wat die anoreksie sal bekamp. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Indien die dokter wel vir jou vertel het wat die oorsaak van die hoë kortisolvlakke is, dan sal hy/sy ook vir jou behandeling kan aanbied daarvoor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: DietDoc | 2011/11/21

Beste Winnie
Het jou dokter enigsins vir jou 'n diagnose gegee om die verhoging in kortisol te verklaar? Hoë kortisolvlakke kan deur die volgende toestande veroorsaak word: 1) Gewasse op die byniere; 2) Stres; 3) Oormatige fisiese oefening; 4) Ooraktiewe skildklier; 5) Anoreksie; 6)Inname van verskeie medikasies. Indien jy aan oormatige stres ly, sal ek aanbeveel dat jy ‘n kliniese sielkundige spreek om jou te help om die stres beter te beheer. Wat algemene dieetbehandeling aanbetref, kan mens addisionele vitamien C neem, óf deur meer vars vrugte (bv. lemoene, pomelo’s, nartjies, papaja, spanspek, koejawels, aarbeie), en vars groente (bv. broccoli, kool, tamaties en soet rissies) te eet, óf deur 'n vitamien C supplement te drink. Indien jou hoë kortisolvlakke die gevolg is van oormatige oefening, dan is dit belangrik dat jy voldoende koolhidraat inneem voor, tydens en na oefening (bv. sportdrankies en energiestafies) en seker maak dat jy met elke maaltyd genoeg koolhidraat inneem. Indien jy aan anoreksie ly, is dit belangrik om dadelik hulp te kry van 'n geregistreerde dieetkundige. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif om jou voedsel- en voedingstofinname te verbeter wat die anoreksie sal bekamp. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind.
Indien die dokter wel vir jou vertel het wat die oorsaak van die hoë kortisolvlakke is, dan sal hy/sy ook vir jou behandeling kan aanbied daarvoor.
Sterkte
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.