advertisement
Question
Posted by: Help!!!! | 2010/04/05

Kort dringend ''n regte eet plan!!!

Hi
Ek is 16 jaar oud en weeg 105kg!!! te veel!!!
Kan iemand dalk vir my asb ''n goeie en vinnige gewigs verlies diet stuur? sal dit baie wardeur

Het volgende jaar ''n matriek afskeid en moet moet moet in ''n rok kan pas!!!
aiaiaiaiaiaiaiaiaiaia
enige hulp word opreg wardeur....

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Help
Jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en ‘Balanced diet' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring of flink gaan stap. Indien jy sukkel om van die gewig ontslae te raak, praat asb ook met jou huisarts oor Xenical wat jou sal help om te begin gewig verloor. Xenical is 'n produk wat verhoed dat jy vet uit die dieet absorbeer en dus jou energie-inname verlaag. Dit kan slegs met 'n mediese dokter se voorskrif bekom word. Indien jy probleme ondervind met die toepassing van 'n gebalanseerde verslankingsdieet, kan jy ook 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help om hierdie soort dieet toe te pas. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is belangrik dat jy ten spyte van die verslanking nog steeds gesonde kos sal eet omdat jy slegs 16 jaar oud is en steeds besig is om te groei.
Vriendelike groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Janine | 2010/07/07

Ek is insulien weerstandig, maar dit is onder beheer. Ek was by dieetkundiges die een se dieet het my laat optel en die laaste een waarby ek was se dieet laat my verloor maar hopeloos te stadig na my sin. As ek gelukkig is verloor ek 1kg ''n maand &  dit is nou as ek die dieet baie streng volg. Ek soek iets wat my gaan help om vinniger gewig te kan verloor. Ek weeg tans 56kg en is 1.54meter lank. Ek wil nie ''n six pack he nie ek wil net ''n plat maag he &  kleiner boude. Ek het ''n gym instrukteer en oefen baie hard maar nie eers dit help om bietjie meer te verloor nie.

Reply to Janine
Posted by: DietDoc | 2010/04/06

Beste Help
Jy kan 'n lae-vet, hoë-vesel verslankingsdieet (kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy, en dan op 'Weight loss' en ‘Balanced diet' en 'Slimming Diet') gebruik en sorg dat jy elke dag ten minste 30 min se aërobiese oefening doen. Dit is nie nodig om 'n gimnasium by te woon nie. Jy kan elke dag vir 30 min touspring of flink gaan stap. Indien jy sukkel om van die gewig ontslae te raak, praat asb ook met jou huisarts oor Xenical wat jou sal help om te begin gewig verloor. Xenical is 'n produk wat verhoed dat jy vet uit die dieet absorbeer en dus jou energie-inname verlaag. Dit kan slegs met 'n mediese dokter se voorskrif bekom word. Indien jy probleme ondervind met die toepassing van 'n gebalanseerde verslankingsdieet, kan jy ook 'n kliniese dieetkundige spreek om jou te help om hierdie soort dieet toe te pas. Besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en klik op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Dit is belangrik dat jy ten spyte van die verslanking nog steeds gesonde kos sal eet omdat jy slegs 16 jaar oud is en steeds besig is om te groei.
Vriendelike groete
DietDoc

Reply to DietDoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement