advertisement
Question
Posted by: Sussie | 2010/09/21

Kopseer

More Dokter,

Vandat ek ''n kind was, is die kliere onder my kakebeen geswel en seer maar in my kinderjare het dit net soms gebeur, die afgelope jaar of 2 is die kliere omtrent permanent seer en geswel en ek kry verskriklike kopseer, soms staan ek sommer met dit op in die oggende. Laas jaar is ek dokter toe en sy het gevoel en so aan en toe se sy vir my sy weet nie hoekom my kop seer is nie, en kan ook nie vir my se hoekom my kliere geswel en seer is nie, as die kliere my pla moet ek dit maar laat uithaal en het net vir my pille gegee vir die kopseer.

Ek het Maart maand 2010 begin met aerobics en my kopseer het minder geword en vir die eerste keer vandat ek begin oefen het is my kliere weer geswel en seer en die laaste paar dae het ek weer die kopseer!

Ek is ''n 23 jarige dame, is mollig maar nie erg oorgewig nie, wat stel dokter voor moet ek doen, ek het nie ''n mediese fonds op die stadium nie so kan nie bekostig om na alerhande dokters toe te gaan nie!

Baie dankie vir jou goeie raad!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sussie
geswelde kliere onder die kakebeen kan wees limfkliere wat swel as jy 'n infeksie in die mond of keel het, of dit kan jou speeksel kliere wees wat 'n klein blokkasie kry (mens kry speeksel steentjies)As die kliere permanent geswel is sonder rede dink ek dalk 'n biopsie is aangedui. Ek sou 'n mond en kaak sjirurg daarvoor aanbeveel (as jy nie medies het nie, moet jy dalk na jou naaste provinsiale hospitaal se buitepasiente gaan en vra vir 'n verwysing na M&K departement.)
Kopseer kan veroorsaak word deur migraine (gewoonlik 'n eensydige kloppende pyn met naarheid en ligflikkers) of spierspasma van bo-rug(drukkende pyn wat voel soos 'n band om jou kop) Partykeer kan 'n spierspasma in die nek spiertjies egter ook vir jou 'n pyn aan die een kant van die kop veroorsaak. Fisioterapie help baie as dit spier verwant is, maar as jy dink dit is 'n migraine moet jy jou dokter vra om dalk vir jou iets soos Migril voor te skryf. Pyn pil gewys sal iets soos Adcodol of Norflex co help vir spierspasma pyn.
Dr Bets
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/10/09

Goeie naand Ek het kliere in my nek wat geswel is en dit lool tot iny kop in kan dit normaal wees? Ek was dokter toe en hy kan my nie se hoekom dit gebwur het nie ek atress nogaal daaroor

Reply to Anonymous
Posted by: Cyberdoc | 2010/09/21

Hallo Sussie
geswelde kliere onder die kakebeen kan wees limfkliere wat swel as jy 'n infeksie in die mond of keel het, of dit kan jou speeksel kliere wees wat 'n klein blokkasie kry (mens kry speeksel steentjies)As die kliere permanent geswel is sonder rede dink ek dalk 'n biopsie is aangedui. Ek sou 'n mond en kaak sjirurg daarvoor aanbeveel (as jy nie medies het nie, moet jy dalk na jou naaste provinsiale hospitaal se buitepasiente gaan en vra vir 'n verwysing na M&K departement.)
Kopseer kan veroorsaak word deur migraine (gewoonlik 'n eensydige kloppende pyn met naarheid en ligflikkers) of spierspasma van bo-rug(drukkende pyn wat voel soos 'n band om jou kop) Partykeer kan 'n spierspasma in die nek spiertjies egter ook vir jou 'n pyn aan die een kant van die kop veroorsaak. Fisioterapie help baie as dit spier verwant is, maar as jy dink dit is 'n migraine moet jy jou dokter vra om dalk vir jou iets soos Migril voor te skryf. Pyn pil gewys sal iets soos Adcodol of Norflex co help vir spierspasma pyn.
Dr Bets
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement